|
|
|
|
|
Steynville Sekondêr het weer eens 'n besondere mylpaal beleef deurdat een van sy leerders uitgestyg het en 'n A-gemiddelde simbool in die Senior Sertifikaat eksamen in 2003 behaal het. Daarbenewens het Jakob Farao, Carmen Heugh en Junet Jagers besonder goed gevaar in genoemde eksamen.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Volgens mnr. Johan Kamfer, skoolhoof, is die personeel besonder trots op hulle en het hulle die skool 'n groot eer aangedoen deur die ywer en deursettingsvermoë aan die dag te lê. Die skool se matriek slaagpersentasie was 87,9% in 2003 en dit verteenwoordig 'n volgehoue styging in vergelyking met die prestasies van vorige jare.
|
|
|
|
|
|
|