Page 7
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]

7

Huiswerkers met VIGS
- Praktika gee raad

Die sporadiese of langdurige afwesigheid van 'n werknemer as gevolg van 'n siektetoestand, kan op die lange duur heelwat probleme skep vir beide die werkgewer en werknemer. 
Die
Wet op Arbeidsverhoudinge gee in die Goeie Praktykskode: Ontslag van Bylae 8 riglyne oor die ontslag van 'n werknemer weens ongeskiktheid om te werk op grond van swak gesondheid of 'n besering.
Indien die werknemer vir 'n tydelike tydperk vir 'n onredelike lang ruk in die omstandighede afwesig sal wees, moet die werkgewer alle moontlike alternatiewe, buiten ontslag, ondersoek.  Sy moet die aard van die werk, die tydperk van afwesigheid, die erns van die siekte of besering en die moontlikheid van 'n tydelike plaasvervanger in ag neem.
Indien die werknemer egter permanent ongeskik is vir die werk, moet die werkgewer die volgende oorweeg:  alternatiewe diens of die aanpassing van pligte of werksomstandighede van die werknemer.
Indien sy nie meer haar pligte kan uitvoer nie, behoort die werkgewer dit te oorweeg om haar werkverpligtings ligter te maak.
Ontslag kan intree as sy met 'n groot deel van haar werk agter raak, of dit nie meer goed kan doen nie en haar kanse op herstel swak is, tensy jy betaal vir medisyne om die uitwerking van vigs teen te werk.
Om haar te ontslaan weens ongeskiktheid, moet jy duidelik omskryf wat al haar pligte was en die standaarde wat jy opgestel het asook die daaglikse pligte wat sy nie meer kan uitvoer nie.  Jy moet ook mediese verslae hê wat haar toestand bevestig asook 'n dokter se mening oor haar kanse op herstel.
Die werkgewer het die reg om haar weens ongeskiktheid te ontslaan en is nie verplig om haar 'n skeidingspakket te betaal nie.  Jy word slegs verplig om haar een maand se kennisgeld te betaal asook die verlof waarop sy geregtig is en nog nie geneem het nie.  Sy kan ook al haar betaalde siekteverlof waarop sy geregtig is, neem, voordat sy jou diens verlaat.  Sy kan ook aansoek doen om werkloosheidsversekeringsvoordele indien jy haar ontslaan, maar as sy bedank, verbeur sy dit.  As sy te sterwe sou kom, terwyl sy nog by jou werk, is jy slegs die loon wat jy haar skuld en die ongebruikte verlof verskuldig aan haar boedel.  Jy is nie verplig om enige begrafnisonkoste te betaal nie.

Nie enige Jan "Raap" se maat

Dié besondere raap waarmee Yolanda Mouton hier staan, is einde verlede jaar op Vleiplaas, haar oom Gabrie Mouton se plaas by Leipoldtville, ge-oes. Raap se maat was 'n volle 5 kg swaar!


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]