Evert de Jongh Stadtdeich 7 (6de vloer)
D-20097 Hamburg Duitsland skryf…
Wil darem net laat weet dat ek nogals beďndruk is met julle Piketbergers! Vandag die eerste keer dat ek Die Piketberger op die Net sien en dit was nogals baie lekker om te lees, al is ek n oud Hopefielder! Ek werk op die oomblik in Hamburg, Duitsland en daarom soek ek al die Afrikaanse plekke op die Net uit.
Voorspoed vir 2004 en ek sal julle gereeld besoek van nou af.
Mag laas jaar se beste vanjaar se slegste wees...of so-iets..... :-)
[Vir diegene wat dit nie weet nie, in rekenaartaal beteken :-) 'n vriendelike gesiggie. Draai jou kop dwars dan sal jy die ogies, neusie en glimlaggende mondjie sien-Red.:-)]
Anton Roux Software Engineer Ashton Court Group Limited Engeland skryf…
Dit is great om te sien Piketberg is op die map. Om weer 'n Piketberger te lees was nice en baie funny. Ek is however teleurgesteld in hoe stadig die website is. Al die foto's vat lank om te download en dit met 'n broadband connection in die UK. Ek sidder om te dink hoe lank die mense met 'n 56k modem moet wag vir die foto's.
Ek dink nog steeds dat PHS en Steynville se leerlinge wat belangstel in computers en kunstig is kan opkom met 'n beter design vir die website en dit vinniger kan maak met bietjie ASP en Javascript. Ek sien uit na die volgende Piketberger :-)
(Is daar enige leerder of ander kundige wat op hierdie uitdaging wil antwoord en help om die webwerf vinniger te maak-Red.)
Dérik Joubert skryf uit Tasmanië
Ek het per toeval op Die Piketberger afgekom en groot was my verbasing toe ek een van my boesemvriende, na wie ek al geruime tyd soek, daar raakloop.
In julle Oktober 2003 uitgawe maak jy mel-ding van Gerard en Ilna Grobler en hulle twee kinders Jana en Kenneth as nuwe intrekkers op Piketberg.
Ek het hulle in 2000 laas raakgeloop toe ek in SA was op 'n besoek. Ondertussen het hulle vanaf Villiersdorp verhuis en het ons kontak verloor.
Is dit moontlik dat jy dalk my e-pos adres aan Grobbies kan gee en hom vra om my te kontak.
(Ons het so met graagte gedoen-Red.)