Page 10
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]

10

Jan en Christine
50 goue jare saam

Op 19 Desember 2003 het Jan en Christine Langeveldt hulle 50ste huweliksherdenking gevier. Hulle het mekaar as jong werkendes by Van Niekerk en Krupp ontmoet en is in die NG Kerk Piketberg deur Ds Rossouw in die huwelik bevestig. Ds Rossouw was die vader van Marianne le Roux wat tans in Frankryk sendingwerk doen. Die jonge Marianne was een van die strooimeisies op die Langeveldts se troue. Beide Jan en Christine het  die gemeenskap van Piketberg op vele terreine gedien en is steeds besig om aktief deel te neem in organisasies.Die Piketberger wens hulle nog mooi tye saam toe-Red.

Piketbergers beloof trou aan mekaar

Jan en Christine Langeveldt op hulle troudag 19 Desember 1953 afgeneem by die sy ingang aan die noordekant van die NG Kerk.

Na 'n verhouding van 10 jaar is Frans van der Merwe en Anke Lambrechts op 12 Desember 2003 in Stellenbosch getroud. Hulle is kinders van Schalk en Alta van der Merwe en Hannes en Sonia Lambrechts. Wie't nou kon dink 'n skoolkys kan nie so lank hou nie?

Dieselfde Jan en Christine 50 jaar later op 19 Desember 2003 afgeneem op dieselfde plek.

Elizma en Johan van Zyl wat op 13 Desember getroud is. Elizma is die dogter van Johan en Christine Delport en Johan is die seun van Johan en Moorreen van Zyl.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]