|
Piketberg is populêr
Pulpetaan Guest house was visited by 91 guests; De Berge Guest house by 175, ten of them from overseas and Christina's B & B by 40. Winkelshoek Establishment handled hundreds of guests and tourists in their restaurant, road stall, curio shop, wine tasting facility and Busta's take aways. Dunn's Catle het besoek ontvang van 78 toeriste, insluitend 'n filmgroep wat by Moravia tonele geskiet het vir die fliek "The Fall" wat in 2006 in teaters vertoon sal word. 'n Musiekuitvoe-ring wat op 25 April te Dunn's Castle gehou is, is deur 60 gaste bygewoon. Hulle is trakteer op lieflike kitaarmusiek wat deur twee internasionale kunstenaars verskaf is. Die Piketberg Museum sowel as die plaaslike Toerisme Buro is druk besoek deur plaaslike sowel as oorsese toeriste. Die Toerisme kantoor is ook oorval met talle telefoonoproepe en e-posse van persone wat inligting wou bekom in verband met akkommodasie, besienswaardighede, voetslaan- en 4x4 roetes. We're also proud of the fact that we could share in the promotion of the self-catering facilities on Top of Piket Mountain. Piket-Bo-Berg Tea Garden was visited by 130 tourists, Excelcior Farm by 50 and the other units had their fair share of visitors. Piket-Bo-Berg Teetuin is 'n bedrywige plek (130 besoekers vir April). Twee bussies met senior burgers vanuit Bredasdorp het hier besoek afgelê en hulle het die gasvryheid wat hulle te beurt geval het terdeë geniet. Die Teetuin is ook besoek deur toeriste uit Rusland, Holland, Frankryk, Engeland, Abu Dhabi, Noorweë en Malawi. Die RSA was ook goed verteenwoordig deur Gautengers, Natallers en Noord-Kapenaars. Excelsior Farm het 'n bedrywige April beleef. 'n Uitrit met 10 perderuiters het Paas Vrydagoggend vertrek in 'n hewige reënbui. Die eerste aand het hulle by die historiese Kapteinskloof oornag. Helmut se restaurant met heerlike kos en akkommodasie met lekker warm storte, was weer eens 'n populêre keuse vir die tweede nag se verblyf. Die derde afsaal was by Radie en Dorita Kotze en hul pragtige steenhuisie op Agterdam. Ongeveer 110 km word afgelê en die ruiters word vir middagete op spesifieke plekke ontmoet waar hulle kan swem in die somermaande.
Die weer het reeds begin verander en almal is bedrywig om gereed te wees vir nog 'n sprokiesagtige winter met sop en vars brood en rooiwyn en kaggelvure, terwyl die mis in die kloof opkruip. Uittreksel uit Nuusbrief 1/2004 van Die Piketberg Toerismeburo ( 022-913 2063
|
|