 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ter herinnering aan Helena Albertyn
Helena Albertyn, vroeër van Tuinparkwoonstel nr 5, Piketberg en later inwoner van Huis Overberg op Riviersonderend is op Sondag 1 Augustus oorlede. Tannie Helena was 'n baie lojale Piketberger-leser! Hier volg 'n uittreksel van 'n brief wat sy geskryf het aan die Redaksie in Junie 2000: "Baie baie dankie vir die kostelike uitgawe van Die Piketberger (Mei). Van voor tot agter is dit 'n juweel en getuig van 'n pragtige humorsin. Uitstaande is die "Tong innie kies", veral die gedeelte oor Piet. Ek het so gelag dat die Tuinman ingehardloop kom om te hoor waaroor ek so huil!" Omdat Die Piketberger met groot dankbaarheid kan terugdink dat iets wat ons geplaas het vir iemand iets kon beteken plaas ons met groot deernis graag weer vir "Tong innie Kies" van Mei 2000-Red.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
neer kan my maar kom haal. Boer besluit hy sê vir niemand iets nie; hy wil eers gaan seker maak. Ja-nee, dit is toe Pieta in lewende lywe! Al verklaring is skynbaar dat, terwyl Piet op 'n slag badkamer toe was, daar iemand met twee messe in sy rug dit net-net gemaak het tot in Piet se bed en sy laaste sterwensmoment daar kom vind het. Wel daar staan toe, sê maar, Piet Claase op die koppenent en dis dan nou die naam op die kaartjie om die toon. Net betyds weggestoot voor Piet weer niksvermoedend in sy skoon bed kom lê het. Dit bly 'n duister saak. Terug op die plaas is dit al so half skemer en Boer sê Piet kan maar sy ou vrinne gaan groet; almal kyk nog TV daar in die stoorkamer. Dalk was dit hoofsaaklik omdat hulle nie dadelik Piet se gesig so duidelik met die aandskemering in die deuropening kon sien nie, maar toe Piet so skielik sê: "Jis julle manne!" toe is dit so al of die enigste klein venstertjie aan die anderkant van die vertrek se nate oopskeur soos almal gelyk wil uitstorm. Piet het net een kyk so skuins na agter gegee en besluit die veiligste sal wees om agterna te spring! Heel duidelik is die grootste gevaar hier agter hom! Feit bly: die dood is niemand se speelmaat nie. Hê maar respek vir die (regte) kis en maak net seker dat jy weet oor wie jy trane stort.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Tong innie kies deur Meraai Aspaai Doodsake: maak seker
Vir die dood het jy respek. En as jy onder die indruk was dat jy vir ewig in daardie lyf van jou gaan vertoef, wag daar dalk net met permissie gesê, 'n "helse" surpraais op jou! Alles rondom die dood dra swaar aan ontsag en vrees, soos dit hoort, want hy wag jou in, my broer en suster. In die ou dae was daar glo twee dinge aangaande die Dood wat jy in gedagte moes hou. Ten eerste moes jy gou speel om die gestorwene met die nodige eerbied begrawe te kry. Die Swartland is immers bekend om sy ongenaakbare somers. So het jy dikwels sommer die dag na die afsterwe, die stoet in die stofgetrapte paadjie hier af begraafplaas toe sien stap. Die kis op die skouers van sterkgespierde boere in hul pikswart dikgeweefde manelpakke, besig om die sweet van hul voorkoppe met kraakwit sakdoeke af te vee. Die growwe hande vasgeklem om die rand van die kis. Tweedens moes mens glo darem net eers seker maak wie of wat in die kis is, voor jy jou eerste traan stort. Ons grootjies het mos byna almal solders gehad. Van die stooritems was dan ook heel dikwels hul doodkiste wat intussen sommer gebruik is om die droëvrugte in te bêre. So is daar ook een môre 'n droewige begrafnis op 'n plaas, so in 'n laagtetjie. Omtrent 'n week na die begrafnis tel die een ou antie so 'n ou dowwe klankie op in die kombuis, maar na 'n vreeslike gesoek gooi sy tou op en leer mettertyd om saam met die benoude ou reukie saam te leef. Dis toe sy weer pruimedante wou stowe met die Sondag se bobotie, dat sy uitvind hulle het die verkeerde kis begrawe! As jy dan nou nie vir die dood respek het nie, sal hy dit by jou afdwing. Piet sal elke oggend saam met jou koffie drink en jy sal nie 'n oog knip nie, maar moenie dat die sluier van die dood oor hom kom hang nie! Een aand hoor ek so 'n dood-storie uit die Sandveld. Op 'n buurdorp neem 'n boer een van sy werkers hospitaal toe. Kom ons noem hom Piet. Na 'n week laat weet die hospitaal-suster Boer kan maar vir Piet kom haal, hy het dit toe nie gemaak nie. Boer is natuurlik vreeslik ontsteld en gaan haal vir Piet, wat dan ook met die nodige droefheid en waardigheid ter aarde bestel word. Na nog 'n week laat weet die hospitaal vir Boer maar Piet is nou gesond; hy kan maar vir Piet kom haal. Nee, sê Boer, Piet lê in Anderland. En hy sluk 'n vreeslike knop weg. Nee maar hier staan Piet langs die foun as hy dalk wou gesels. Môre meneer. Ja, Meneer. Ek is weer reg, Meneer. Ja, Me
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Liebco ondersteun Boland Netbal
Ongeveer 10 spelers in elke ouderdomsgroep van o/10 tot o/19 het die afgelope vakansie hul provinsie/streke verteenwoordig met die USSASA netbal interprovinsiale kampioenskappe in Gauteng. Een van Hoërskool Piketberg se eerste span spelers, Nanette Olivier, is gekies vir die o/16 span van Boland wat uitstekend gevaar het deur vyfde in die toernooi te eindig (twintig spanne het in die ouderdomsgroep meegeding)! Borge word benodig om die toer vir die spelers moontlik te maak. ' n Plaaslike onderneming, Liebco Vleishandelaars, het vir die o/16 Bolandspan handdoekies geborg wat spesiaal vir die toer geborduur is.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Op die foto oorhandig Jacobus Liebenberg die handdoekies aan Piketberg se Bolandspeler, Nanette Olivier.
|
|
|
|
|
|
|
|
|