Page 5
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

5

Piketberg heet nuwe intrekkers welkom

Waar kom dit vandaan?

Ons woord dobbel se voorouers kan teruggespoor word tot by die ou Franse doble wat "tweevoudig" beteken het. Die woord sit ook in doeblet. 'n Dubbele syfer op die dobbelstene, veral twee sesse, het nog altyd groot waarde in hierdie soort speletjies gehad. Om te dobbel, was dus eintlik om te probeer om die dubbelsyfers te gooi. Die roeletstelsels van die wêreld se casino's is almal so ontwerp dat dit die bank bevoordeel. Byvoorbeeld: Hoewel daar 38 vakkies op die Amerikaanse roeletwiel is - dit wil sê die syfers 1 tot 36 en twee zero's - betaal die bank slegs 35 teen 1 uit as 'n dobbelaar die regte nommer verwed. 'n Nugtere woord vir die lottospelers: Die basiese flater wat die dobbelaar begaan, is sy idee dat 'n mens die wennommers moet bestudeer en dan op dié wed wat nie so dikwels getrek is nie - of op dié wat juis dikwels opduik. Beide teorieë is mistastings: die kanse bly altyd ewe skraal, maak nie saak watter nommers getrek is nie. In roelet verwed die spelers dikwels geld op rooi nadat swart nommers drie keer na mekaar opgeduik het. Dit is alles bog - as die wiel weer draai, is die kanse dat swart of rooi sal opduik, altyd dieselfde.
Uit Feite, Fiksie, Flaters deur Anton Prinsloo


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]