Page 2
Page 1 ] [ Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

2

Saartjie veilig by die huis

"Saartjie veilig by die huis" is 'n projek wat deur Piketberg se polisietak geloods word om vroulike huiswerkers die geleentheid te gee om 'n kursus in selfverdediging en noodhulp te deurloop. Die kursus word aangebied deur plaaslike kundiges en die ambulansdiens. Daar sal ook aandag aan telefoonetiket gegee word. Belangstellendes kan Insp Lynette Rosant of Insp Driena Van der Westhuizen kontak by 022-913 1844. Die inskrywingsgeld sal afhang van die aantal belangstellendes en die geld sal aangewend word vir die veiligheidshuis.


Page 1 ] [ Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]