|
Vanjaar word die Landbouchem Sandveld Halfmarathon, Pretdraf en Boeredag vir die 13 de jaar aangebied. Hier heers 'n groot opgewondenheid onder die mense met die vooruitsig van ons jaarlikse bymekaarkom, lekker kuier, drawwers en stappers en implemente van "Toeka tot Nou" om na te kyk. Dit vind plaas op Saterdag 4 September 2004. Ons verwag vanjaar 500 of meer atlete. Om te kom hardloop sluit baie voordele in. Die eerste 100 wat vooraf inskryf, kry elkeen 'n 4 kg sakkie aartappels, elke 50ste persoon hardloop verniet en heelwat trek-kingspryse is beskikbaar. Navrae vir die wedloop is: Ernie Mellet by 021-591 8658 (n/a) of 088-130 1155 of 022-962 1602. Die program vir die dag is soos volg: Die 21,1 km stappers begin om 08:00, die pretdraf (8 km) om 08:10 en die Halfmarathon-hardlopers begin om 08:30. MEDALJES AAN ALLE VOLTOOIERS. Inskrywingsfooie is: R20,00 vir 21,1 km en R10,00 vir 8 km. Persone wat nie aan 'n Atletiekklub behoort nie, moet vir die Halfmarathon 'n bykomstige R10,00 vir 'n Tydelike Lisensie betaal. Geleentheid vir uitstallers word gegee. Dit skep 'n heerlike atmosfeer met al die verskillende items wat hier te kry kan wees. Stalletjiekoste: R50,00 Navrae: Debbie Boonzaaier by ( 022-942 1853 Dit is nie al wat aangebied word nie. Hier is oorgenoeg om die honger mee te stil. Die Gemeente van Redelinghuys NGK bied die kosstalletjies aan met 'n verskeidenheid van kosse soos "braaivleis, basaarpoeding, bredies, plaas-ontbyt, chips, seekos" en nog meer Die Tuisnywerheid eie aan die kontrei met die heerlikste tuisgebakte koeke, melkterte, mosbolletjies, soetsuurdeegbrood ens. is 'n groot treffer. Vir die boere word hier 'n uitstalling van aartappelimplimente van vroeër jare tot nou beplan. Hier sal ook 'n paar trekkers uitgestal word. Vierwielmotorfietse, Springkasteel, Skyfskiet, Beesloop, 'n tent net vir die kinders word beplan Die aand word die Aartappel Stoordans aangebied. Navrae kan gerig word aan mev. Jurina Smit by ( 022 962 1639.
|
|