Page 12
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] [ Page 12 ] Page 13 ]

12

Piketberg Skouprogram 2004

Woensdag 25 Augustus 2004
18:00 Skemerkelkie - slegs op uitnodiging Saal 3: (Geborg deur Absa, Boland Spar)
Donderdag 26 Augustus
08:00 Hekke en kafee open; Veldblomsaal open - Veldblomsaal;
08:30 Beoordeling van Blommekuns - Planksaal; Beoordeling van Huisvlyt (Kinders) - Saal 1;
09:00 Damesoggend met Nadine en Ds Daniel de Kock - Wyntuin;
09:00 Kudde evaluering - Skaapafdeling;
11:00 Perde (Friesperde en Hakney) - Arena;
12:00 Middagete - Saal 3;
14:00 Perde (Friesperde en Hakney) - Arena; Koekversiering deur Gr 0 - Gr 11 - Saal 1; Blommesaal en Huisvlyt open;
19:00 Gillome en Karlien met kroning van Skoukoningin , Dans met Mike's Music - Wyntuin
Vrydag 27 Augustus
08:00 Hekke en kafee open;
08:30 Blommesaal open - Blommesaal;
08:30 Perde, Friesperd span van 4, Friesperd span van 8 - Arena;
09:00 Kudde evaluering , Beeste 8 verskillende rasse -
skaapafdeling.;
09:00 Binne stalletjies open - Saal 1;
12:00 Middagete - Saal 3;
12:30 Slaglam Veiling - Wyntuin;
13:00 PHS Pom-Pom Girls - Arena;
14:00 - 17:00 Jatti, Take 2, Des & Cheree - Wyntuin;
14:00 Perde - Arena;
17:00 Bakkiekaskanades - Arena;
19:00 Dans met Mike's Music - Wyntuin
Saterdag 28 Augustus
08:00 Hekke en kafee open; Beoordeling van Saal- en Boerperde - Arena;
08:30 Blommesaal open - Blommesaal
09:00 Binne stalletjies open -Saal 1;
10:00 Kinder vermaak - Wyntuin;
11:00 Potjiekoskompetisie begin - Skaapafd. (Geborg deur Boland Spar); Pixie Playhouse - Wyntuin;
11:30 Hackney Kampioen Span van 4 - Arena;
12:00 Middagete - Saal 3;
13:00 Slangvertoning - Wyntuin;
14:00 Beoordeling van Saal- en Boerperde; Jatti, Andre, Take 2, Karlien, Anina, Louisa, Cheree & Des, Take 2 - Wyntuin; 16:00 Beoordeling van Potjiekos - Skaapafd.;
17:00 Binne stalletjies sluit - Saal 1;
20:00 Dans met Mike's Music - Wyntuin
Hierdie program is onderhewig aan verandering;
Navrae Marina Smith - È 083 560 5631
Inskrywings vir die Pluimvee afdeling kan gedoen word by Ben Hall 028-388 0238 of 083 650 7366

PHS Interskole 2004

Die derde Interskole tussen Hoërskool Piketberg en Hoërskool Goudini vind vanjaar op Piketberg plaas.
Vanjaar se Interskole word gekenmerk deur ongekende belangstelling en ondersteuning vanuit verskeie oorde en sal weer eens 'n luisterryke geleentheid wees.
Saterdag 21 Augustus is die datum wat u op u kalender moet omkring as die dag waarop u 'n unieke mooi ge-leentheid op Piketberg kan bywoon. Dit word beklemtoon dat hierdie geleentheid nie net vir huidige leerders, personeel en ouers van Hoërskool Piketberg is nie, maar vir enigeen wat belangstel in PHS se doen en late, wil ondersteun, of sommer net besoek wil aflê om puik rugby en netbal te sien.
Die "Groot Brag" vind vanjaar weer op die Vrydag net voor Interskole plaas in PHS se skoolsaal. Dit sal die laaste uur van die oggend in beslag neem. Enigiemand wat hierdie geleentheid wil bywoon is welkom.
Die Interskole self sal rugby en netbal van onder 8-vlak tot en met die mees senior span bied. Daar sal ook "sing-songs" wees, sowel as 'n puik optrede deur PHS se POM-POM meisies. Die pawiljoene sal versier wees en daar sal 'n kafeteria wees wat die innerlike kan versterk. Die aankoms van beide skole se dirigente en PHS se rasieleier en sjampanjenooi beloof om weer skouspelagtig te wees.

Agter verskyn Nadia Brown, Karlien Visser, Lizaan Basson, Vicky Aylward, Marius Kriel, Sonja Van Niekerk en Hanno Burger. Voor Is Michael Whitton, Chris-Fick Van Niekerk, Petrie Myburgh, Erick Gerber en Bertus Le Roux. 


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] [ Page 12 ] Page 13 ]