Page 11
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

11

Piketberg Hoërskool se matrieks van 1971 hou reünie

Dennis Du Toit en Ora Van Renen (Lambrechts) was saam in Sub A by Het Kruis .

Die 1971-Matrieks wat sedert Sub A in PHS was: Agter staan Colie Pretorius, Jan Marais en Maritz Mouton. Voor staan Johan Carstens, Gerhard Prinsloo, Carin Van Schalkwyk (Rumboll), Lettie .................(Fabricius) en Dawid Möhr.
(Inlas) Marina Eksteen (Lategan) .

rook, sowel as bier drink, en natuurlik is die Duitse bier baie lekkerder as Suid-Afrikaanse bier. Interessanthede oor Duitsland is dat  jy op 'n roltrap regs moet staan as jy wil staan en links as jy wil stáp.  Op die sypaadjies is rooi sones waar slegs fietse mag ry en jy dus nie mag stap nie.  Die skool het dubbele ruite  -  teen die koue. 
Ek het van 'n moderne kunsmuseum tot 'n middel-eeuse dorpie beleef. My gassuster het vir baie konserte geoefen en dan het ek alleen die bus gevat na  Erlangen. Dit was ongelooflik om net alleen en rustig in 'n vreemde stad te loop, met mense wat orals fietsry en huisies met blomme voor elke venster om te bewonder.  Hier het ek ook vriende gemaak met Cornelia van der Westhuizen, 'n Suid-Afrikaanse meisie.  Sy het my op 'n toer geneem na Bamberg, Klein Venesië.  Tussen die roostuine en ou kerke, kon ons toe ook heerlik oor Suid-Afrika gesels. 
Ek was bevoorreg om  'n melkprodukte-fabriek te besoek en pragtige Duitse vriende te maak  - oud en jonk.  Natuurlik ook die ope-lug teater geniet en die storie van   Annatevka, en ook 'n skoolproduksie deur 'n baie
bekende Duitse skrywer.
Ek het Duitsland ervaar as 'n baie veilige en skoon land met vriendelike mense en pragtige besienswaardighede.  Hierdie hele besoek het  heerlike herinneringe  vir 'n leeftyd gelaat, en die geleentheid geskep om vriende vir 'n leeftyd te maak  -  Duits, sowel as Suid-Afrikaans.  Ek is regtig baie dankbaar vir die geleentheid wat FSA en my ouers my gebied het. 
Ich denke noch manchmal an Deutchland, aber Südafrika ist mein Heimat.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]