Page 4
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

4

ondersteun. Iemand wie se besoek of telefoonoproep, soms neerhalend kortgeknip word.
Nooi gerus u bemarker of adviseur in die toekoms vriendelik binne en laat hom toe om 'n kykie agter die skerms van u wêreld te kry en laat hom toe om met u daaroor te gesels sodat u stof tot nadenke kan hê na sy gesprek. Sien hom as die draer van 'n goeie boodskap wat welvaart vir u wil uitspel.
Versekeringsmaatskappye het as gevolg van verskeie negatiewe ekonomiese toestande, wat ook ander groot rolspelers in die mark getref het, die gevolg gehad dat opbrengste volgens oppervlakkige oordeel, nie na wense was nie. Sodanige ongelukkigheid behoort te lei tot 'n gesprek met u adviseur wat waarskynlik groter helderheid aan u bekommernis sal verleen.
Mag elkeen van jongs af bou aan 'n goeie verhouding met sy versekeraar sodat dit tot groter gerusstelling kan lei wat betref die totale finansiële omstandighede.

'n Kykie agter die skerms van die Versekerings adviseur en hoe sy dag daar uitsien

Dis Maandagoggend en 'n bekommerde en senuweeagtige vrou stap die kantoor binne.
"Ek is Vrydag met kanker gediagnoseer en daar wag 'n lang pad van duur chirurgie en chemoterapie op my. Ons het nie 'n mediese fonds nie, maar ek het mos een ou polissie. Is daar enige voordeel wat ek nou daaruit kan kry?"
Hierdie is talle van die skokkende ervaringe wat die finansiële adviseur saam met 'n kliënt moet meemaak. Wat 'n verligting as daar dan gerapporteer kan word dat daar wel voorsiening vir trauma gemaak is, maar helaas watter teleurstelling as daar nie sodanige voorsiening gemaak is nie.
Die adviseur word heel dikwels deur die breë publiek en die media uitgekryt as polis-smouse en skelm agente. Soos in haas elke beroep is daar die verdagte optrede van mense wat op oneerlikheid dui, wat daartoe aanleiding gee om skeldname aan 'n beroep te koppel.
Gelukkig maak diegene wat oneties binne hulle beroep optree, maar 'n klein persentasie van die geheel uit en kan daar met lof van talle gepraat word wat hulle kliënt ten beste dien.
Die versekeraar is ten spyte van talle kritiek en te midde van opmerkings dat "ek sommer self vir my voorsiening sal maak", diè voertuig wat vir aftrede, spaar, studievoorsiening, lewensdekking, ongeskiktheid en siekte voorsiening maak en die skepper is van welvaart vir diè wat betyds wil begin.
Daar kan verhale vertel word van mense wat 'n genotvolle aftrede geniet, danksy tydige voorsiening, van mense wat tydens hulle siektetoestand in die luukse van 'n privaat hospitaal versorg kan word en natuurlik hulle vir wie daar genoeg kontant beskikbaar is vir daardie traumatiese insident waarmee hulle so onverwags geteister word.
Daar kan inmiddels voortgegaan word om te vertel van mense wat danksy hulle ongeskiktheids-voordeel op hulle versekering, 'n meer gerieflike situasie kan geniet.
Uiteraard kan die weduwee met die klein kinders langs die graf met 'n geruste hart wegdraai as daar voldoende voorsiening gemaak is dat die  kinders klaar kan studeer en dat sy haar huis en skuld kan betaal en dat die laaste wil van haar man boonop prakties uitvoerbaar en volgens wettige riglyne in 'n testament neergelê is.
Die lewe gaan so oneindig vinnig verby en voordat 'n mens besef, is dit letterlik tè laat om te begin voorsiening maak vir gerieflike aftrede, of daar word tè lank gewag om daardie goeie dekking uit te neem; enersyds is dit meer bekostigbaar op 'n vroeë ouderdom of andersyds veroorsaak 'n siekte toestand wat dan tot onversekerbaarheid kan lei.
Die versekeraar of by name die adviseur of bemarker, moet veel eerder as die draer van 'n goeie boodskap gesien word. Iemand wat wil help en


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]