Page 3
Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

3

PHS se graad 3's presteer puik

DIE PLASING VAN FOTO'S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR DOKTERS SMIT EN MORRISON

In 2002 is navorsing deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) laat doen om die vlakke van geletterdheid en syferkundigheid van graad 3-leerders in die provinsie te bepaal.
Die uitslae vir Piketberg Hoërskool dui aan dat 92% van die graad 3-leerders wat in 2002 getoets is, op die graad 3-vlak vir syferkundigheid was en dat 92% van die graad 3-leerders wat in 2002 getoets is, op die graad 3-vlak vir geletterdheid gefunksioneer het.
Volgens die WKOD oortref PHS se graad 3-leerders die standaarde van geletterdheid en syferkundigheid wat van graad-3 leerders verwag word.

Dié opvoeders van PHS het almal bygedra tot die sukses wat die graad 3 leerders behaal het toe hulle syferkundigheid en geletterdheid getoets is.
Juanita van der Merwe (graad R), Ananda Smit (graad 3), Hester Staoelberg (graad 2), Suné Rheeder (graad 1) en Nicky Loxton (Engels multigraad)

Alma Engelbrecht, oud-leerder van PHS is as Maties se nr.1 Dames
Skaakspeler aangewys.


Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]