Page 11
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

11

Bome vir versoening

Burgemeester Raats het die kerkgemeenskap van Piketberg uitgesonder as 'n voorbeeld vir die geloofsgemeenskappe in die ander dorpe in die Bergrivier-streek. Hy het gepraat by 'n geskiedkundige geleentheid op Sondag, 20 Julie, waar drie van Piketberg se kerke elk 'n boom by die museum geplant het as 'n simbool van versoening. Die lidmate van die drie kerke, die AME (African Methodist Episcopal Church), die NGK (Nederduitse Gereformeerde Kerk) en die VGK (Verenigende Gereformeerde Kerk) het 100 jaar gelede nog aan een kerkverband behoort. Na 100 jaar van afsydigheid dui hierdie besondere geleentheid op die behoefte van die onderskeie kerke om as gelowiges die hand na mekaar te reik en aan die gebed en gebod van Jesus gestalte te gee:
Joh 17: 20 "Ek bid... vir dié wat ...tot geloof in My sal kom. 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Joh 13: 34 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35 As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."
Die teksvers vir dié besonderse dag was Psalm 1:
Dit gaan goed met die mens... wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.....


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]