Page 9
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] [ Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ]

9

Waar kom dit vandaan?

Budjie: 'n Voëltjie wat aan talle mense net plesier verskaf, is die budjie. Sy naam is afgelei van 'n Australiese inboorlingtaal - en voluit is dit budgerigar. Die budgeri beteken "goed" en die gar "papegaai". 'n Budjie is dus 'n goeie papegaai. Die vraag ontstaan hoekom hulle so dikwels "pollie" genoem word. 'n Poliglot is iemand wat baie tale kan praat. Oorspronklik is die budjie dus 'n poliglot genoem omdat hy so baie ander voëls kon namaak. Vandaar was dit maar 'n kort entjie na die verkorting "pollie".
Uit:
Feite, flaters en fiksie - Anton Prinsloo

Rangskikkingskompetisie
Tema: "Weef 10 goue Demokrasiejare"
(Plantmateriaal moet oorheers)
Rangskikking vind plaas op 28 April 2004 van 08:00 tot 11:00 in Piketberg Openbare Biblioteeksaal
Beoordeling 11:00 tot 12:00
Elke inskrywing ontvang R50,00
Plek vir 10 persone
Kom bespreek jou plek vroegtydig
Eerste prys: R500, Tweede prys: R200 en Derde prys R100. Kontak Gerna of Ronél by Piketberg Openbare
Biblioteek by ( 022-913 1126

Cornelia Giliomee, Gerry Kuhn en Teresa Beck in die sitkamer van die veiligheidshuis.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] [ Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ]