Op 25 Maart het Praktika 'n Beroepsgesondheids- en Veiligheidsprogram op Citrusdal aangebied. Volgens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid is 'n onderneming wat meer as twintig werknemers in die werksplek het, verplig om 'n veiligheidsverteenwoordiger te hê. Daar moet ook 'n kopie van die Wet op Beroeps-gesondheid en Veiligheid in elke werksplek wees. Dit is beskikbaar by die Staatsdrukker of die Praktika-kantoor. Gedurende die opleiding ontvang elke leerder 'n handboek waarin die volgende modules vervat is: die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid; die Pligte en Verantwoordelikhede van Werkgewers en Bestuurders; die Pligte en Verantwoordelikhede van Werknemers; die Rol van die Gesondheids- en Veiligheidsverteenwoordiger. Elke veiligheidsverteenwoordiger kry 'n area in die werksplek waarvoor hy verantwoordelik is. Binne hierdie area identifiseer hy dan moontlike gevare of risiko's. Hy moet 'n sensitiwiteit ontwikkel om deurlopend gedurende sy normale dagtaak op die uitkyk te wees vir moontlike risiko's en moet gevaarlike situasies kan raaksien. Hy moet ook toesien dat daar daadwerklik iets aan gedoen word. Hy bepaal ook die stappe wat geneem moet word om ongelukke te vermy. Hy moet hierdie stappe daagliks monitor en dringende sake by die bestuur aanmeld. Die opleiding van veiligheidsverteenwoordigers maak sommer gou 'n verskil in die werksplek en kan die onderneming baie pyn en trauma spaar in die voorkoming van ongelukke.
Praktika fasiliteer in Malawi
Nadat Praktika verlede jaar deur die Kommissie vir Getuienisaksie van die NG Kerk van Wes-Kaap genader is om behulpsaam te wees met bestuursopleiding binne die CCAP Nkhoma-sinode in Malawi, is 'n verdere behoefte geïdentifiseer vir meer spesifieke opleiding in 2004.
Kobus Odendaal van Praktika was in Februarie vir 'n maand na Nkhoma waar hy by verskillende projekte en departemente van die sinode betrokke was in die daarstelling van 'n toepaslike finansiële bestuurstelsel.
Hy het ook besoek afgelê by die Teologiese Oplei-dingsentrum in Vila Ulonque in Mosambiek waar hy 'n lesing oor Entrepreneurskap aangebied het aan die
finalejaar-studente.
HIERDIE BLADSY WORD GEBORG DEUR
DR HEROLD TRUTER
Dagboek
21 April Floral Tour of Europe: Skyfievertoning deur Hilary Mave om 09:00 in Biblioteeksaal. Piketberg Feesvergadering om 17:30 in die Biblioteeksaal 25 April Kitaarspelers Steve Newman en Tony Cox om 19:00 by Dunn's Castle 28 April "Weef 10 goue Demokrasiejare" rangskikkingskompetisie 8 Mei South African Red Cross Walk for humanity
Op die foto is die span van Citrusdal wat onlangs deur Kobus Odendaal van Praktika opgelei is.
Piketberg lewer bobaas wingerdblok!
Oud-PHS'ers tot leiers verkies
In die Landbou Burger van 26 Maart het die Mosterts van die plaas, Nuwedrif Piketberg weer in die kollig geplaas. Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Teubes en Johan Mostert van Mostertboerdery die VinPro wingerdblok kompetisie vir die Swartland gewen met 'n Chenin Blanc-blok.