 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Michiel, Marianne Kitshoff en dogters skryf…
Baie dankie aan al ons vriende en vrien-dinne van Piketberg en Eendekuil wat gesimpatiseer het met die dood van Michiel se ma in Februarie en Marianne se ma in Maart. Ons waardeer dit dat so baie mense vir ons gebid en aan ons gedink het in die hartseer tyd.
Ansie Maré, Vesperstraat Piketberg, skryf…
Aan dokters Smit en Morrison, Radie Kotze Hospitaal, dokters Vogts en Basson, Panorama Medikliniek en alle hospitaalpersoneel dankie vir julle liefdevolle onbaatsugtige versorging. Vir elkeen van my kollegas by Bergrivier Munisipaliteit, bure, vriende en kennisse, Dankie. Ek besef nou meer as ooit hoe onbaatsugtig my mense werklik in hul liefde en optrede is. Aan my beste maat, Hennie, dankie dat jy nooit my hand gelos het nie en steeds vashou om my alle vrees en twyfel te laat oorwin. Saam met die Psalmdigter sê ek: "Toe ek gedink het my voete gly, het U troue liefde my regop gehou, Here". Dankie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Slaaf
Die woord slaaf kom oorspronklik van Slav af, dit wil sê Slawiër. Soveel Slawiërs is deur die Duitsers in die vroeë eeue weggevoer dat dit naderhand die woord vir enige slaaf geword het, maak nie saak van watter nasionaliteit nie. Uit: Feite, Flaters, Fiksie deur Anton Prinsloo
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|