Groenewald het presteer by die SA Junior Atletiek Kampioenskappe. Erick was lid van die Boland O/17 aflos-span wat 'n brons medalje verower het en Anneen het 'n silwer medalje met 'n gooi van 45,02 meter in die spiesgooi behaal.
Vier PHS- leerders het aan die Abraham Geldenhuys Ope stoeikampioenskap deelgeneem. Klubs vanoor die hele SA het deelgeneem. Die deelnemers en hul prestasies is:
Heinrich Laubscher (O/9 Goud), Adam Kotzé (O/11 Brons), Gerdus Botha (O/15 Brons) en Yolanda Botha (Juniors Silwer)
Coenraad Lambrechts (O/18) en Ben Olivier (O/16) is opgeneem in die Boland Elite Rugbygroep. Ben is ook aangewys as die speler van die streek. Edgar Adams (afwesig) is ook in die groep opgeneem.
Rugbyspan se klere geborg
Die eerste rugbyspan van PHS se rugbyklere vir 2004 is geborg deur Boland Spar en Klipfontein Boerdery en Koelkamer. Hier staan Dean Jankielsohn (Boland Spar), Michael Whitton (kaptein), Renielda Engelbrecht (Klipfontein Boerdery en Koelkamer), Coenraad Lambrechts (Onderkaptein) en Marius Scholtz (Skoolhoof van PHS).