Sandra van Wyk

PROPERTIES

.................................................................

Property marketing & Renting

Hoofstraat 54
Piketberg
7320

sandravw@kingsley.co.za

Tel.:
022-9132926
Cell: 
0825311617
Fax : 
022-9132477

Binnenshuise foto's van eenhede is beskikbaar op aanvraag.

 

 

 

Kode G09-PB

 

.

 

Kode G09-PB

Hierdie gerieflike, netjiese en goedgeboude gesinswoning is
een van enkele soortgelyke eiendomme wat nog beskikbaar is.
 
3 Slaapkamers - waarvan 2 ingeboude kaste het
Voorstoep - onderdak en deeglik beveilig
Voorportaal
Ruim sitkamer wat uitloop in die eetkamer
Kombuis met voldoende kaste en lugreëlaar
Aparte toilet en badkamer
Enkel motorhuis
Pragtige gevestigde tuin
Deurgaans goeie beveiliging
 
'n Ware tuiste wat u nie mag misloop nie.
 
Prys  :  R870 000 onderhandelbaar
 

 


Kode : WPS/Pb Erf  (30-11-11)
 
.

 

Kode : WPS/Pb Erf  (30-11-11)

 
Grootte    :    Ongeveer 780 m²
 
Een van enkele uitsoekerwe wat nog beskikbaar is, teen 'n uiters bekostigbare prys.
Pragtige uitsig op die vlakte na die oostekant van die dorp, sowel as gedeeltelik op die berg aan die westekant.
Geleë in 'n gesogte omgewing aan die voet van die berg.
Moenie die geleentheid laat verbygaan om hierdie erf te bekom nie.
 
Skakel my gerus vir besigtiging en meer inligting.
 
Prys : R250 000

 

 

 

 


Kode PP11/Pb (30-8-11-2)
 
.

 

Kode PP11/Pb (30-8-11-2)

Ideale gesinswoning met pragtige uitsig in gesogte buurt geleë.
 
3 Slaapkamers met waaiers en ingeboude kaste
Hoofslaapkamer met instap klerekas
Vol badkamer by hoofslaapkamer
Badkamer met stort, wasbak en toilet vir ander twee kamers
Woonvertrek met teëls - ingeboude trap na boonste verdieping skei woonarea van kombuis
Kombuis met ingeboude stoof en waaier / koopkrag
Waskamer
Dubbelmotorhuis met elektronies-beheerde deure
Blindings in boonste verdieping
Goeie beveiliging onder
Onderdakstoep met teëls
Baie rustige omgewing.
 
Prys : R1 400 000
 

 

 


Kode LLG11-PB

 

Kode LLG11-PB

Erfgrootte            :  1449 m²

Gebou            :   ± 270 m² 

 

'n Uitsonderlike woning – waar geen onkoste ontsien is nie.

 

3 Slaapkamers met soliede akkerhoutkaste

2 Badkamers (waarvan een “en suite” is)

Studeerkamer met "superwood" kaste.

Baie ruim, gesellige leefarea met  kaggel – eet- en sitkamer aaneensluitend hierby

Goed toegeruste kombuis met “superwood” kaste – wat meer as voldoende pakplek bied

Werkoppervlak in kombuis afgewerk in marmer en swarthout

Gesellige TV-kamer wat aansluit by oopplan kombuis en uitgaan op agterstoep

Groot onderdak agterstoep (± 60 m²) met onderdak-braai

Vloere deurgaans bedek met sandsteenteëls

Woonstel in tuin – ideale gastekamer

Lugreëlaars in kombuis/TV-vertrek en in studeerkamer

Muurverwarmers in TV-kamer, sitkamer, studeerkamer en hoofslaapkamer

Kontrole-beheerde hek, sowel as een garagedeur

Baie goeie beveiliging

Gesvestigde tuin

Goed geleë

 

Prys    :  R1 500 000

 

Skakel my gerus vir besigtiging, of vir meer binnenshuise foto's.

 

 

 


Kode SJ11/Pb (30-8-11)
 
.

 

Kode SJ11/Pb (30-8-11)

Erfgrootte : 1,065 m²
 
Baie netjiese gesinswoning - puik ligging met prag uitsig.
 
3 ruim slaapkamers met ingeboude kaste
Lugreëlaar in hoofslaapkamer
1½ badkamers
Aparte toilet
Ingangsportaal
Sitkamer met kaggel
Sonkamer met lugreëlaar
Balkon vanuit sonkamer - met pragtige uitsig
Eetkamer vanuit kombuis
Kombuis - met voldoende kaste
Opwas-area en waskamer ineen
Buitekamer met wasbak
Buite toilet
Gevestigde tuin in baie netjiese toestand
Pakkamer met ingeboude rakke en kragpunt
Enkelmotorhuis
Buite-braaiplek - gedeeltelik onderdak
Goeie beveiliging
 
Prys : R1 100 000

 

 


Kode TW11/Pb (20-8-11)
 

 

 

Kode TW11/Pb (20-8-11)

Erfgrootte    :  601 m²
 
Vergewis uself van hierdie ruim, bekostigbare eiendom, wat met die nodige aandag omskep kan word in 'n gesellige woning.
 
3 Slaapkamers
2 Badkamers
Ruim sitkamer
Braaikamer, aaneensluitend tot kombuis.
Kombuis met ingeboude kaste
Opwasarea
Enkelmotorhuis
 
Prys : R525 000

 

 

 

 

 


Kode TS11/Pb (18-8-11)
 

 

.

 

 

Kode TS11/Pb (18-8-11)

Erfgrootte    :  712 m²
 
Grootte woning    :  214 m²
 
 
Ideale gesinswoning. Goed geleë, wat verras met wat dit bied. Kan u eiendom word teen 'n billike prys.
 
3 Slaapkamers met ingeboude kaste en dakwaaiers.
1 Badkamer, nuut geteël met stort en aparte toilet en wasbak.
1 Badkamer -  "en suite" tot hoofslaapkamer - met bad, toilet en wasbak. 
Ruim televisiekamer met lugreëlaar.
Oopplan sitkamer met kaggel - aaneensluitend tot kombuis.
Kombuis, baie netjies met teëlvloer - goed toegerus met baie ingeboude kaste, ingeboude stoof en waaier.
Pragtige houtvloere in slaapkamers en gang.
Uitsonderlike blokkies-houtvloere in woonvertrek en sitkamer.
Beide die lang gang en die televisiekamer het buitedeure tot die ruim stoep met panoramiese uitsig.
Agter onderdakstoep met onderdakbraai.
Waskamer (laundry)
Buitekamer met toilet.
Baie ruim dubbelmotorhuis met pakkamer.
Goeie beveiliging.
Netjiese, gevestigde tuin - nie te groot nie en maklik om te onderhou.
 
Prys : R1 150 000


 

 

 

 


 


Kode MV11-PB
 


 

 

Kode MV11-PB

Erfgrootte : 1160 m²


Netjiese, bekostigbare eiendom, in rustige buurt, met goeie beleggingspotensiaal .

Hoofwoonstel op boonste vlak:

2 Slaapkamers
Aparte, smaakvolle badkamer en toilet
Kombuis aangrensend aan ruim sitkamer
Eetkamer
Balkon met braaiplek aan agterkant, met pragtige uitsig oor die vlakte
Motorhuis
Goeie beveiliging, sowel as omheining
Netjiese gevestigde tuin
Mooi uitsig op die berg aan die voorkant, vanaf die voorstoep

2 Eenslaapkamer-woonstelle op grondvlak:

Baie netjies
Afsonderlike toegang vanuit agtertuin
Elkeen met eie motorhuis
Goeie beveiliging

Langtermyn huurders in al drie woonstelle.

Prys : R900 000

Skakel my gerus vir besigtiging, of binnenshuise foto’s





 

 

 

 


Kode : WN11-PB

 

 

Kode : WN11-PB

 

Kode : WN11-PB

Erfgrootte : 353 m²
Gebou : 131 m²

3 Slaapkamers, waarvan een "en suite" is
2de Badkamer met bad, wasbak en toilet.
Oopplan leefarea met binnebraai wat met 'n skuifdeur uitloop op stoep en tuin.
Leefarea en gang met donker leiklip-tipe teëls geteel.
Dubbelmotorhuis met wasbak, kas en deur na buite.
Ingeboude kaste in al 3 slaapkamers, sowel as in kombuis.
Veilighiedsomheining.
Goed gevestigde tuin.
Oprit na motorhuis is geplavei.

Binnenshuise foto's is op aanvraag beskikbaar.

Prys : R850 000
Skakel gerus vir besigtiging.
 

 

 


 
Kode JA11-PB
 

 

Kode JA11-PB


Erfgrootte : 1160 m²

Baie netjiese en gesellige gesinswoning.

3 Slaapkamers met ingeboude kaste en een met “en suite”
2 Badkamers (waarvan een die “en suite” is)
Sit- en eetkamer aaneensluitend bymekaar – eetkamer loop uit in kombuis
Goed toegeruste kombuis met versteekte opwasarea
Ruim braaivertrek wat uitloop op agtertuin, asook met toegang tot motorhuis
Dubbelmotorhuis met afstandbeheerde deure
Goeie beveiliging
Netjiese gevestigde tuin

Prys : R980 000 onderhandelbaar

Skakel my gerus vir besigtiging of binneshuise foto's.

 

 


 

 
 

 

Kode A08-PB
 

 

Kode A08-PB

Erfgrootte : 354 m²
Gebou : ± 145 m²

Netjiese woning - geleë in nuutgeboude kompleks in 'n rustige omgewing. Verras uself deur vas te stel dat dit alles bied wat u nodig het - deur sinvolle benutting van ruimte en goeie beplanning.

Ideaal vir beginners of afgetredenes.

3 Slaapkamers
Twee badkamers
Oopplan kombuis en woonarea
Agterstoep met braai
Dubbel motorhuis

Prys : R850 000-00
Skakel my gerus indien u dit wil besigtig, of vir binnenshuise foto's.

 

 


 

Kode C08-PB

 

 

Kode C08-PB
 

Volledige besonderhede beskikbaar op aanvraag. (Volg binnekort op webblad)

Twee soortgelyke eiendomme, direk langs mekaar geleë - in landelike en rustige omgewing. Ook ideaal geleë ten opsigte van die skool en NG Kerk.
Elkeen op eie erf.

Prys : R880 000-00 per woonhuis - onderhandelbaar.

Skakel my gerus vir meer besonderhede.

 

 


Kode : S-PB

 

Kode : S-PB

Gerieflike gesinswoning wat vir u 'n ware tuiste sal wees!

 

Drie slaapkamers met ingeboude kaste en lugreëlaars.

Hoofslaapkamer kyk uit op die agtertuin met swembad.

Een en 'n halwe badkamers, waarvan een "en suite" is by hoofslaapkamer.

Aparte toilet.

Gesellige kombuis met voldoende, netjiese ingeboude kaste asook 'n ingeboude stoof.

Ruim sit- en leefarea wat lei na 'n braaikamer met nuut-ingeboude kroeg regoor die binnebraai.

Die braaikamer loop uit op die agtertuin en swembad.

Motorhuis met ingang na die woonhuis.

Afdak agter tralie-hekke.

Goeie beveiliging.

Gevestigde tuin.

 

Prys : R785 000-00 - onderhandelbaar

 

 

 

 


Kode L-PB
 

Kode L-PB
 

Erfgrootte : 1 572 m²
Geboue    :    265 m²
 
U sal ver moet soek om beter waarde vir geld te kry!
 
Gerieflike gesinswoning wat die volgende bied:
 
Groot hoekerf in 'n landelike omgewing.
3 Slaapkamers met ingeboude kaste.
Kombuis met voldoende ingeboude kaste.
Ruim eet- sitkamer vanuit kombuis.
Badkamer en aparte toilet.
Woonstel aan die huis, met badkamer, asook ingeboude kaste.
Enkelmotorhuis.
Afdak met onderdakbraai.
Goed geleë
Voldoende beveiliging
 
 
Skakel of besoek my om die eiendom  te besigtig
en teleurstelling te voorkom.
 
Prys : R770 000-00

 

 



Kode Y-PB/Erf
 

Kode Y-PB/Erf
 

Grootte : 941 m²
 
Hierdie ruim, maar nie te groot erf, is dié laaste onbeboude perseel in die buurt.
Dit bied 'n panoramiese uitsig oor die vlakte in die ooste.
Geleë in boomryke en rustige straat in 'n baie gesogte omgewing.
 
Kontak my gerus vir meer besonderhede en besigtiging.
 
Prys : R350 000-00 o.n.a.

 

 

 


Kode  W-PB/Erf
 

 

Kode  W-PB/Erf
 

Kode  W-PB/Erf
 
Erfgrootte : 874 m²
 
Een van enkele erwe wat nog beskikbaar is in 'n gesogte omgewing.
 
Hier is die ideale geleentheid om in 'n rustige woonbuurt die woning van u keuse te laat oprig.
Geleë aan die voet van die berg, hoog genoeg om aan u 'n pragtige uitsig te bied. Nie alleen geld 
dit vir die vlakte ooswaarts nie, maar ook noordwes, waar die berg rustig oor die dorp wag hou.
 
Skakel betyds vir meer inligting en nog foto's om teleurstelling te voorkom. 

Prys : R430 000-00

 

 

 

 

Kode U-PB/Erf

Size of plot : 790m²
 
Well-situated in a quiet, wooded part of town. Do call on us for more detail.
 
 
Grootte     :    790 m²
 
Goed geleë in rustige, boomryke deel van die dorp.
 
Prys    :    R320 000
Skakel gerus vir meer besonderhede.

 


Kode N-PB

 

Kode N-PB

Plot size                      :  1,176 m2
Floor space of buildings :    666 m2
 
An old-world home with a very special character: Certainly this dwelling offers more than the average house.
Four bedrooms with built-in cupboards, one of which could be converted to a studio, office or work-place.
One full- as well as two half bathrooms.
Two living areas.
A kitchern with generous cupboard space and a separate scullery.
Front and rear covered verandas.
Single garage with carport.
Large loft which could be turned into an additional living space.
Lovely wooden floors, sashes and ceilings.
A powerful air-conditioner.
This home is most suitable for conversion to a guest lodge.
 
Price : R880 000 o.n.o.
Kindly contact us for further details.

 

Erfgrootte : 1 176 m²  
Oppervlak geboue : 666 m²
 
Ou-wêreldse tuiste met baie besondere karakter - wat meer as die alledaagse bied.
Vier slaapkamers met ingeboude kaste - waarvan een vir 'n werkkamer aangewend kan word.
Een vol - en twee halwe badamers.
Twee leefareas. Kombuis met ruim kaste. Aparte opwasarea.
Voor- en agter- onderdakstoepe.
Enkelgarage met afdak.
Groot solder wat die moontlikheid bied om as leefruimte ingerig te word.
Pragtige houtvloere, kosyne en plafonne.
Kragtige lugreëlaar.
Besonder geskik om in gastehuis omskep te word.
 
 
Prys : R880 000
Skakel gerus vir meer inligting

 

 


Kode: M-PB

 

Kode: M-PB

Plot Size                      :  1,000 m2
Floor space of buildings :     174 m2
 
Newly completed, compact family home.
Ideal for those starting out in life, or for retired persons who wish to change to a somewhat smaller dwelling.
Three bedrooms with built-in cupboards.
Two bathrooms (one of them en-suite).
Open-plan kitchen and living areas.
Separate scullery adjoins the kitchen.
Covered braai areas on rear stoep - with a panoramic view across the countryside.
Double garage.
 
Price: R860,000
Please call for further details.

 

Erfgrootte : 1,000 m²  
Oppervlak geboue : 174 m²
 

Nuutgeboude, kompakte gesinswoning.

Ideaal vir beginners of afgetredenes wat ietwat kleiner wil gaan.
Drie slaapkamers met ingeboude kaste. Twee badkamers (waarvan een "en suite" is) Oopplan kombuis en leefarea.
Aparte opwasarea uit kombuis.
Onderdakbraai op agterstoep - wat oor die vlakte uitkyk.
Dubbelmotorhuis.
 
Prys : R860 000
Skakel vir meer besonderhede.

 

 

 


Please contact us for more information.

Various other options available

Back to the top


K-PB/Hh

K-PB1.JPG (64951 bytes) K-PB2.JPG (62697 bytes)

K-PB3.JPG (63604 bytes) K-PB4.JPG (44346 bytes)

K-PB5.JPG (64956 bytes)

 Erf

K-PB/Hh

LATE SUMMER AT HORNBERGHOF

(Flats to rent)

 

Are you ready for retirement, yet still up and about but not quite ready to move to a facility for the aged?

 

Then this exclusive transitional group of units is ideally suited to your needs!

 

Hornberghof - the name is associated with our area: it refers to the horn-shaped mountain peak nearby - is uniquely situated at the foot of our Piketberg mountain range. The pristine, panoramic view extends across the beautiful wheat-producing Swartland to the eastern horizon.

 

The group of units consists of bachelor, as well as double bedroom flats. Their convenient design and tastefully appointed living areas will no doubt match your specific requirements. Each unit comes with its own garage, mailbox, electricity and water utility.

 

To avoid disappointment, contact our offices without fail. The opportunity to become part of the rustic and hospitable platteland, while enjoying the convenience of well-stocked shopping areas, is yours for the taking!

 

Photo's will soon be available

 

HORNBERGHOF OORGANGSOORD

(Woonstelle te huur)

 

Is u gereed vir aftrede, maar nog te op-en-wakker om na 'n oord vir bejaardes te gaan?

 

Dan is hierdie eksklusiewe oorgangs-oord die ideale plek vir u!

 

Hornberghof - wat sy naam uit ons omgewing gekry het - ('n spesifieke bergspits wat soos 'n horing uitstaan), is geleë aan die voet van die (Piket)berg  - enig in sy soort  -  en bied 'n onbelemmerde, panoramiese uitsig op die vlakte,sowel as op die berg aan die westekant.

 

Die kompleks bestaan uit eenmans- sowel as tweeslaapkamer woonstelle - wat smaakvol en gerieflik ingerig is om aan al u moontlike behoeftes te voldoen  -  elke woonstel met sy eie motorhuis, posbus, krag en water.

(Eenmanswoonstel behels : kombuis / badkamer / sit- en slaapkamer ineen)

 

Om teleurstelling te voorkom, kontak my onverwyld vir volle besonderhede - en maak seker dat u nie die geleentheid misloop, om te kan deel in die rustigheid en gasvryheid van die platteland nie - terwyl u die gerief van uiters goed toegeruste inkopiesentrums kan geniet.

 

Foto's binnekort beskikbaar!

Binnenshuise foto's van eenhede is beskikbaar op aanvraag.


Please contact us for more information.

Various other options available

Back to the top


 

Hit Counter