
JANNIE LATEGAN EIENDOMME
Hoofstraat 35 PIKETBERG
082 453 8305
e-pos:
jannierosa@lantic.net
OORNAG KAMERS
Code J31-10-07
Ons het ook nou stylvolle Oornag Kamers/ Overnight Roomsbeskikbaar. Dit sluit in bed/bad/stort/koffie en beskuit. Kamers is lugversorgd en dit is in Hoofstraat 35, Piketberg. Sel: 082 453 8305E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J13-01-12
DRIE IDENTIESE HUISE TE KOOP TE PIKETBERG~~Die 3 huise word op die foto's aangedui en is aanliggend aan mekaar en elkeen kan apart verkoop word. (Elkeen het eie titel akte)Dit bestaan basies uit die volgende:3 Slaapkamers waarvan 1 en-suite is/Gaste badkamer/Oopplan Sit- Eetkamer & kombuis/binnebraai of kaggel plus enkel motorhuis.Die huise word bemark, soos gesien en die toestand is in verskillende vorme van kwaliteit nl: Heelgoed, Beter en swak!Elkeen is egter in eie reg 'n winskopie. Dit word bemark teen 'n gemiddelde prys van nagenoeg R200,000-00 per huis. Kom gerus en maak u eie aanbod en maak u eie keuse. Die verkoop van die eiendomme word bemark op 'n "first come, first served basis" Hierdie eiendomme kort in die meeste gevalle verf en 'n bietjie aandag!Moet dus nie huiwer om eerste die beste keuse te maak nie!SKAKEL JANNIE LATEGAN DRINGEND VIR BESIGTIGING - 082 4538305
Code : J12-01-12
DRIE SLAAPKAMER HUIS AAN DIE VOET VAN DIE PIKETBERG TE KOOP. GOEDGELEë IN UITERS GOEIE DEEL VAN BO-DORP:Die volgende is in plek:
- Oopplan Kombuis met aanliggende woonarea
- 3 Slaapkamers waarvan een kamer en suite is
- Gaste badkamer
- Onderdak braai
- Dubbel motorhuis - eletries geopereerd
- Elektriese besproeiingstelsel
- Groote van gebou: Plus-minus 145 vk meter
- Erf grootte plus-minus 364 vk meter
- 'n Heel onderhandelbare R800,000-00 ( Die Bedrag sluit Kommissie in)
SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR AFSPRAAK OM TE BESIGTIG:022-9132064 SEL: 082 4538305E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J2-01-12
EKSKLUSIEWE EIENDOM TE CITRUSDAL TE KOOP
Geleë in die mooiste omgewing en beskik oor die volgende geriewe:
3 Slaapkamers met ingeboude kaste/ 2 badkamers/Sit-Eetkamer/Dubbelmotorhuis/Oral talle ngeboude kaste/volvloermatte/Lugversorging in Hoofslaapkamer/Dakwaaiers
Foto’s is op aanvraag beskikbaar en die prys is ‘n ongelooflike onderhandelbare bedrag!
SKAKEL VANDAG NOG JANNIE LATEGAN EIENDOMME
022-9132064 SEL: 082 4538305
Code : J4-12-11
BESONDERE KLEINHOEWE GELEë BUITE PIKETBERG MET PANORAMIESE UITSIG OOR ‘N DAM
‘n Ongelooflike natuurskat met die mooiste uitsigte geleë op die oewer van ‘n groot besproeiingsdam.
Die beskrywing van die eiendom volg hieronder!
GROOTTE :2.5HA
WATER : 10 000L PER DAG
ELEKTRISITEIT : ESKOM 25KVA
HUIS : 3 SLAAPKAMERS (INGEBOUDE KASTE)
: 2 BADKAMERS
: NAALDWERKKAMER(INGEBOUDE KASTE)
: VOLLEDIGE WOONSTEL AAN HUIS – ‘N BAIE STYLVOL INGERIGDE WOONSTEL WAT APART VERHUUR SOU KON WORD.
: KOMBUIS MET LEEFAREA – Doelingerigde kombuiskaste
: APARTE SITKAMER
BUITE GEBOUE
: WAENHUIS MET PLEK VIR 2 VOERTUIE
: GEREEDSKAPKAMER
: STOORKAMER
: SLAGKAMER MET KOELKAMER
TWEE STOEPE
Die plaasopstal met sy buitegeboue is in ‘n baie goeie toestand en die huis is baie goed ingerig. Die foto’s gee ‘n aanduiding van wat u kan verwag tydens ‘n besoek aan hierdie besondere plek. DIE PRYS IS OP AANVRAAG BESKIKBAAR, MAAR DIT SAL GOED WEES AS U EERS DIE EIENDOM KAN BESIGTIG VOORDAT ONS OOR ‘N BEDRAG BESIN!
Skakel gerus nog vandag om ‘n afspraak te maak: JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 4538305
OF LANDLYN: 022-9132064. E-Pos: jannierosa@lantic.net.
Code : J22-11-11
KLEINHOEWE TE KOOP IN DIE MOOISTE IDILLIESE OMGEWING TUSSEN ANGRENSENDE WINGERDE EN MET 'N PRAGTIGE UITSIG OOR 'N GROOT DAM.
GROOTTE :2.5HA
WATER : 10 000L PER DAG
ELEKTRISITEIT : ESKOM 25KVA
HUIS : 3 SLAAPKAMERS (INGEBOUDE KASTE)
: 2 BADKAMERS
: NAALDWERKKAMER(INGEBOUDE KASTE)
: VOLLEDIGE WOONSTEL AAN HUIS
: KOMBUIS MET LEEFAREA
: APARTE SITKAMER
BUITE GEBOUE
: WAENHUIS MET PLEK VIR 2 VOERTUIE
: GEREEDSKAPKAMER
: STOORKAMER
: SLAGKAMER MET KOELKAMER
TWEE STOEPE
OM HIERDIE DOELINGERIGDE HUIS TE VERVANG MET TALLE BUITEGEBOUE KAN MAKLIK GEKYK WORD NA R1,7m . (Daar moet nog net uitklaring kom of die Verkoper BTW geregistreer is)
Maak gerus gou 'n afspraak om hierdie jyweel van naderby te bekyk! .....sommer vandag nog!
Agent: Jannie Lategan Eiendomme 082 4538305 of Landlyn: 022 9132064 E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J26-10-11
![]()
'N KARAKTERVOLLE "ART-DECO" TIPE HUIS TE KOOP TE PIKETBERG'n Baie goed geleë 3-slaapkamer huis met twee badkamers. Die huis front noord. Benewens die lieflike swembad, is daar ook twee motorhuise met 'n onderdakbraai ..waar ook 'n motor parkeer kan word.PRAGTIG GOEDVERSORGDE SOLIEDE EMBUIA HOUT KAMERSTELLE MAAK DEEL VAN DIE KOOP UIT. Die huis het deurlopende teël vloere en die kamers het volvloermatte. Daar is voorts 'n lieflike gedeelte vir 'n "laundry" Daar is voorts 'n oopplansit/eetkamer asook 'n aparte TV Kamer.HIERDIE WONING IS 'N MOET OM GESIEN EN WAARDEER TE KAN WORD. DIE BYGAANDE FOTO'S LAAT NIE REG GESKIED AAN ALLES WAT DAAR IS NIE. DIE KOMBUIS BV. IS BAIE GOED UIGERUS MET PRAGTIGE EN BAIE INGEBOUDE KASTE. DIE VOORSTOEP IS RUIM EN SKEP 'N GESELLIGE KUIERPLEK VIR 'N OGGEND TEE OF LAAAT MIDDAG DRANKIE.MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK BY DIE ALLEEN AGENT JANNIE LATEGAN EIENDOMME: 022-9132064 OF SEL: 082 4538305 e-POS: jannierosa@lantic.netPRYS : 'N ONGELOOFLIKEGE SLEGS R880,000-00 RAND.
Code : J14-10-11
GROOT VERHRINGSEENHEDE IN EEN HUIS IN DIE BO-DORP TE KOOP:Dit is 'n besondere perseel waar daar in een woning plek ingeruim is om talle mense te akkomodeer om as 'n soort van komune huis te opereer. Huisvesting is baie skaars en hierdie plek bied die ideale geleentheid vir diebelegger om dit as belegging aan te koop.SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME AS U BELANGSTEL OM DIT TE BESIGTIG. DIE LIGGING IS UITSTEKEND.SEL: 082 4538305 LANDLYN: 022 9132064
Code : J15-08-11
RUIM ONBEBOUDE ERF IN DIE LANDELIKE EN BYNA ONGEREPTE REDELINGHUYS TE KOOPLigging: Naby Munisipale kantore en Polisie Stasie in midde-dorp.PRYS SPESIAAL LAAG VIR VINNIGE VERKOOPR132,000-00Grootte: ±750 - 800 vk metersSKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR VINNIGE REAKSIE082 4538305 of 022 9132064Jannie Lategan is 24/7 beskikbaar
Code : J11-09-11
KLEIN HOEWE GELEë IN DIE PLOOI VOUE VAN DIE PIKETBERG BO-BERG!'n Asemrowende kronkel Versfeld teer pad lei jou teen Die Piketberg op en neem jou na hierdie ongelooflike skat van 'n eiendom!Die mooiste toegangspad wat jou na die eiendom lei deur 'n pragtige lowergroen goedversorgde tuin. 'n Tuin wat benat word uit 'n standhoudende boorgat asook uit 'n bergstroom rivierloop en daarvoor is daar dokumente beskikbaar wat dit bevestig deur die toepaslike oewerhede.Die bygaande foto's spreek vanself en ek kan nouliks iets daaraan toevoeg. Elke vertrek is met die grootste elegansie beplan en skep 'n sinvolle lekkerbly eindproduk!Daar is om maar enkele dinge te noem, 4 slaappkamers, tweebadkamers/buite stoorkamer/aparte "scullery" of "laundry". Volledig goed toegerusde kombuis met ooghoogte oond asook baie ingeboude kaste. Kwaliteit veiligheidsmaatreëls is in plek.Oopplan TV kamer (oopplan). Ruim onderdakk voorstoep met onderdak braai. Die Voorstoep front noord en die pragtigste berg natuurtonele begroet jou, maar nie saak na watter kant jy kyk nie!Daar is voorts 'n tweede woning wat in alle opsigte net so goed ingerig is. 2 slaapkamers/volledige badkamer/sitkamer/Baie groot kombuis/braaistoep met onderdak braai.Voorts is daar genoeg motorhuisparkering plus werks- of gereedskapkamers (tè veel om op te noem). Daar is ook 'n reuse stoor.Arbeiders huis wat baie min aandag nodig het, maar wat nie tans in gebruik is nie. Water en elektrisiteit is reed geinstalleer.WATER: Water word gepomp uit 'n Bergstroompie met die naam Boesmansrivier en daar is genoegsame stoorreservoirs om die water op te gaar. Filtreer stelsel is in plek.Die waterpomp t.o.v. die rivier neem ongeveer 48 uur om 'n 60 duisend liter watertenk vol te pomp. Daarteenoor is daar ook 'n wateropgaartenk vir huisgebruik met 'n grootte van 5,000 liter wat vanaf die boorgat gevul word.Hierdie idilliese skat moet eers gesien word voordat ons oor 'n prys praat! Alles is ongelooflik perfek gedoen en dit is 'n plesier om hierdie plek aan voornemende kopers te wys! 'n Ekstra toeving tot hierdie koop is 'n lang inventarislys met gereedskap wat die koper mag nodig hê!JANNIE LATEGAN EIENDOMME082 4538305LANDLYN: 022-9132064e-POS: Jannierosa@lantic.netJannie Lategan is 24/7 beskikbaar. Moenie te lank wag en loop straks hierdie kopie mis nie. 'n Heel onderhandelbare aanbod van R2,995,000-00 (Grootte 1,1364 Hektaar)Maak gerus nog vandag 'n plan om 'n afspraak te reël!
Code : J30-08-11
DIE MOOISTE MAAR MOOISTE ONBELEMMERDE PANORAMIESE UITSIG VAN HIERDIE EIENDOM WAT TE KOOP ISLIGGING: Bo-Dorp op Hoek erf. Veral vanaf 'n oopbalkon is dit 'n asemrowende 180 grade uitsig oor die vallei na Porterville.Drie Slaapkamers/ 1½ badkamer. Ruim sitkamer met kaggel en aansluitende sonkamer waaruit jy beweeg na die balkon.Volledig toegerusde kombuis met aansluitende opwas en "laundry".Drie volledige slaapkamers waarvan twee 'n Oostelike uitsig het en een 'n Suidelike uitsig. Pragtige "water-wise" tuin met bykans alle denkbare vrugtesoorte plus groente tuin.Lieflike rondawel met wasbak wat as ekstra slaapkamer of straks braaikamer ingerig kan word.Enkel motorhuis plus motorafdak. Ruim stoorkamer aan die agterkant van motorhuis.Die huis maak in sy geheel die mooiste gesig en is uiters goed versorg en is van intrekkwaliteit. As u my skakel sal baie meer besonderhede gegee kan word. Hierdie tipe eiendom kom selde, indien ooit op die mark.Kom kyk eers en dan gesels ons oor 'n heel onderhandelbare prys!My Eiendomspraktyk voel besonder geëerd om hierdie spog huis te bemark!Skakel my vandag nog vir 'n afspraak: Jannie Lategan Eiendomme 022 9132064 Sel: 082 4538305Web: www.jannielategan.com
Code : J20-008-11
PRAGTIGE HUIS IN GOEIE OMGEWING TEEN 'N WEGGEE PRYS: ALLEENMANDAAT2 Slaapkamers met ingeboude kaste/kombuis met kassies/sitkamer - Lugversorger)/badkamer met toilet ens/buite onderdak ingang na buite spoeltoilet/waskamer. agterstoep. Die hele huis is beveilig met diefwering en daar is ook 'n ruim enkel motorhuis.Daar is 'n hele paar dakwaaiers in plek.Mooi roostuin!Moenie hierdie spotgoedkoop eiendom miskyk nie. Geleë in goeie en baie veilige area.SKAKEL GERUS DIE ALLEENMANDAAT AGENT: JANNIE LATEGAN OM SELF TE KOM KYK WAT JY KAN KRY VIR SLEGSR500,000-00.JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 4538305LANDLYN: 022 9132064 E-POS: jannierosa@lantic.net24/7 beskikbaarNB: PRYS KAN ONDERHANDEL WORD!
Code : J27-07-11
PRAGTIGE HUIS IN DIE BO-DORP TE KOOP'n Drie-slaapkamer huis geleë in 'n klein Ontwikkeling te koop in die bo-dorp, genestel reg aan die voet van die Piketberg. Talle ingeboude kaste. Die Hoofslaapkamer is en suit en daar is ook 'n gaste badkamer. Kombuis met baie mooi ingeboude kaste. Die kombuis sluit met 'n oopplan aan by die woon- en eetkamer met binnebraai. 'n Patiodeur lei uit na die tuin. Daar is voorts 'n dubbel motorhuis met 'n "laundry". Vanuit die motorhuis word toegang na tuin en wasgoedlyn verkry.Op aanvraag, sal die binne-foto's aan u voorsien word.Hierdie winskopie van R850,000-00 moenie misgekyk word nie.SKAKEL GERUS DIE AGENTSKAP: JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR 'N AFSPRAAK 022-9132064 OF 082 4538305e-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J25-07-11
LUUKSE WONING TE AURORA TE KOOPOorweeg u dit straks om die geraas van die stad vaarwel toe te roep? .....dan is Aurora 'n ideale keuse om te kom rus vind. Lieflike idilliese omgewing met die mooiste vergesig uitsigte asook na die pratige berg aan die ooste!Ek het die ideale woning vir u beskikbaar en u hoef geen gerief van die stad prys te gee nie:Oopplan ...sit/eetkamer. Slaapkamer vanwaar 'n mooi trap na die soldergedeelte lei. Baie ruim ingerigde Hoofslaapkamer met pragtige en suite asook talle ingeboude kaste. Die kombuis het 'n ruim instap spens asook talle netjies ingeboude kaste (Die kombuis is eintlik tweeledig en word deur 'n lae muur geskei.) Die mooiste gastekamer begroet jou by hierdie tuiskom plek met ook sy eie aansluitende badkamer. Voorsiening is ook gemaak vir 'n werkskamer of studeerkamer. Daar is ook 'n goed toegerusde "Laundry" wat ewe eens ook diens kan doen as 'n derde badkamer.Die vloere is bedek met volvloer matte en daar is teëls op die vloere van die toepaslike vertrekke. Drie dakwaaiers veroorsaak 'n heerlike vloei van lug en is op strategiese plekke geplaas. Diefwering is oral in plek en beantwoord aan versekerings vereistes.Jannie Lategan Eiendomme voel geëerd om hierdie perseel as Alleenmandaat te bemark en 'n heel onderhandelbare prys van R750,000-00 kan in gedagte gehou word. Die erf is 1,487 vk meter groot en daar is 'n netjiese beplande tuin uitgelê wat onder andere ook Broodbome en Kokerbome insluit. Lieflike kuier- en teedrink plekkies is in die tuin geskep!MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK AS U NIE HIERDIE KOPIE WIL MISLOOP NIE!Jannie Lategan Eiendomme beskikbaar 24/7. Sel: 082 4538305 Landlyn: 022-9132064 E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J15-07-11
HUIS MET ONBELEMMERDE BERG UITSIG NA DIE PIKETBERG BERGREEKS ASOOK OOR DIE VALLEI NA DIE PORTERVILLE BERGREEKSGeleë hoog in die Bo-dorp aan die voet van die Piketberg. Dit is een van die hoogsgeleë eiendomme te Piketberg!Wat bied hierdie perseel?Ligging: uiters goeie buurtDubbel verdieping huis wat die volgende bied:-Oopplan sit-/eetkamer/kombuis. Kombuis is effens verstoke en is toegerus met goed ingerigde kaste sowel as ondertoonbank stoof met plate en uitsuig waaier. Hoofslaapkamer met instap kas en aansluitende badkamer. Die boonste vlak bied twee gaste kamers met talle ingeboude kaste en gaste badkamer. Daar is voorts 'n waskamer reg langs die dubbelmotorhuis wat met 'n elektroniese oopmaak fasiliteit toegerus is . Die huis het 'n vooraf-betaalde kragmeter.Die beste van alles is, dat die erf 'n boorgat het wat volgens die eienaar baie goeie water het.Soek u straks privaatheid? Hierdie perseel bied dit plus alles wat daarmee saamgaan, ligging, ligging ligging! Die erf is omhein! ....en is in sy geheel toegerus met diefwering!Moenie huiwer om te skakel sodat ons saam deur die huis kan stap en ek u behulpsaam kan wees om 'n aanbod te maak!DIE AGENT AAN DIENS IS: JANNIE LATEGAN EIENDOMME HOOFSTRAAT 35 PIKETBERGSEL: 082 4538305 LANDLYN: 022 9132064 E-POS: jannierosa@lantic.netEK HOOR GRAAG BAIE GOU VAN U!! EN EK IS 24/7 BESKIKBAAR, MAAR VOORAF AFSPRAAK SAL BAIE GOED WEES!
Code : J13-07-11
ONBEBOUDE ERF TE BRITANIA BAAI TE KOOP
’n Geleentheid duisend om ’n onbeboude erf met ’n groote van 710 vk meter so naby aan die see te bekom, gebeur nie elke dag nie. Daar is reeds heelwat ontwikkelinge gedoen, soos op die foto’s opgemerk kan word. Hierdie is “uitsoek” kus-eiendom!!
Hierdie perseel is beskikbaar teen slegs R800,000-00
Skakel gerus Jannie Lategan Eiendomme om ‘n besigtiging te reël!
082 453 8305 Landlyn: 022 9132064
E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J06-07-11
LIEFLIKE HOEKHUIS TE KOOP IN BO-DORP ...UITSTEKENDE LIGGING T.O.V. HOëRSKOOL PIKETBERG~Hierdie pragtige huisie wat miskien "klein" mag vertoon, verras u as u sien wat dit alles huisves:Lieflike sonnige voorstoep en voortuin. Oopplan sit/eetklamer.
- Drie slaapkamers ..waarvan een einlik 'n ideale werkskamer of studeerkamer kan wees.
- Aparte Toilet
- Volledige badkamer met stort, wasbak & bad
- Heel goed toegerusde kombuis
- Volvloermatte behalwe vir kombuis en badkamer
- Groot onderdak-braai area (Baie goed beveilig met diefwering ...tewens die hele huis het baie goeie diefwering
- Swembad ...kort 'n bietjie aandag
- Enkel motorhuis
Hierdie eiendom is uiters goed geleë in goeie deel van bo-dorp. Met 'n bietjie ekstra liefde en verf, kan u hierdie huis omskep in 'n wonderlike aftreehuis of 'n tuiste vir die pasgetroude. (Binne stapafstand van Bank, Mediese Spreekkamers, poskantoor en winkels)Moenie huiwer om Jannie Lategan Eiendomme te skakel vir 'n afspraak en te onderhandel op 'n prys van nagenoeg R550,000-00 nie. Sulke eiendom en veral in hierdie goeie deel van die dorp en teen diè goeie prys, kom selde of ooit op die mark.SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME ONMIDDELIK VIR 'N AFSPRAAK:082-4538305 LANDLYN: 022-9132064E-pos : jannierosa@lantic.net
Code : J23-06-11
![]()
'N WARE KLEIN PALEIS EN JUWEEL IN DIE BO-DORP VAN PIKETBERG TE KOOP.~Dit gebeur selde, indien ooit dat so 'n ongelooflik goedgeleë en luuksingerigde eiendom in die Bo-Dorp & naby die Hoërskool van Piketberg op die mark beskikbaar raak.Ofskoon die talle foto's vanself spreek, beskik hierdie eiendom oor die volgende:-Lieflike ingangsportaal met aanliggende sitkamer/eetkamer en studeerkamer.(Naaldwerkkamer)Daar is 'n binnebraai met aansluitende TV Kamer. Voorts is daar 3 slaapkamers waarvan een en suite is. (Talle ingeboude kaste) Daar is ook 'n tweede badkamer met Toilet/wasbak en stort) ....selfs nog 'n badkamer met bad en wasbak.Voorsiening is gemaak vir 'n goed toegerusde was/strykkamer met die nodige aansluitingspunte vir die wasmasjien. Hierdie vertrek is aansluitende tot die kombuis.Die Kombuis is 'n wenner vir die bo-baas kok met sy talle ingeboude kaste (Verstelbare rakke), ingeboude stoof (oond/plate en uitsuigwaaier) Dubbelwasbak. Plek vir die vullisdrom en groeterak, is ingebou)Daar is 'n dubbel motorhuis waarvan die een deur elektronies beheerd is. (Roldeure)Daar is lug-verkoelingstelsels in plek by bepaalde plekke en die meeste van die oopmaak vensters is selfs met gaas toegerus. Diefwering is oral in plek.Van uit elke venster is daar 'n pragtige uitsig oor die mooiste maar mooiste tuin wat die huis omring. 'n Geinstalleerde besproeiingstelsel is in plek met 4 krane.JANNIE lATEGAN eIENDOMME VOEL GEëERD OM HIERDIE KOSBARE EIENDOM AS ALLEENMANDAAT TE BEMARK! DIT IS 'N ONGELOOFLIKE INTREK-KWALITEIT PLEK!MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK AS U NIE HIERDIE JUWEEL WIL MISLOOP NIE.'N HEEL ONDERHANDELBARE : R1.3mSEL: 082 4538305LANDLYN: 022 9132064E-POS: jannierosa@lantic.net
Code : J17-06-11
ONGELOOFLIKE KARAKTERVOLLE KLEINHOEWE TE KOOP, WAAR JY TOT RUS KAN KOM EN NET DIE IDILLIESE NATUUR KAN GENIET! ...EN JY JOU KAN BAAI IN 'N LUSHOF TUSSEN DIE GROEN VAN OOK DIEAANLIGGENDE EIENDOMME!*Hierdie hoewe van ± 59 hektaar is nou te koop. Hier kan jy plant net waarvoor jy lus het, want daar is goeie grond en genoeg water beskikbaar.Moenie toelaat dat hierdie kosbare skat by jou verbygaan nie. Twee woonhuise plus gaste wooneenhede en groot stoor.Daar is letterlik baie meer as wat beskryf kan word en ek kan nie 'n pretbederwer wees om alles vooruit te loop nie. U moet dit self kom ervaar! 'n Inventaris is beskikbaar van alles wat saam met die koop gaan!Daar word 'n billike prys aan hierdie eiendom geheg en sonder om te huiwer, skakel JaNNIE lATEGAN eIENDOMME vir 'n afspraak!082 453 8305Landlyn: 022-9132064E-pos: jannierosa@lantic.net
Code : J9-06-11
SAKE PERSEEL MET GEBOU TE KOOP TE PIKETBERGHierdie uiters goeie Sakeperseel is in die sakesentrum van die dorp te koop. Dit kan as Woonstel gebruik word, of besigheid kan daar bedryf word. Dit bestaan uit 2 groot aparte lokale/badkamer en kombuis met pragtige klein tuin voor.Baie netjies en dit is gereed om in te trek. (Was voorheen as SAKEPERSEEL bedryf)Skakel dringend as u belang sou stel: JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 4538305
Code : J10-06-11
HUIS VAN DIE WEEK: TE KOOP TE PIKETBERG'n Volledig toegerusde huis met talle ingeboude kaste is nou teen 'n weggee prys beskikbaar. Baie gerieflike ligging en die woning bevat die volgende:Drie slaapkamers waarvan een en suite is. Volledige gastebadkamer. Goed toegerusde kombuis met talle ingeboude kaste en plek vir die wasmasjien en droër. Oopplan sit/eetkamer/kombuis. Aansluitende dubbel motorhuis.Moet asb. nie hierdie winskopie misloop nie.Skakel gerusJANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 4538305 of Landlyn: 022-9132064E-pos: jannierosa@lantic.netPRYS: 'N SKAMELE R550,000-00.
Code : J18-04-11
'N WONING TE PIKETBERG TE KOOP WAT 'N BESONDERE KARAKTER VAN HUISLIKHEID EN EIETYDSE MODERNE VOORKOMS VAN BINNE EN BUITE VERTEENWOORDIG.HOOFWONING:3 Slaapkamers waarvan een en suite is.Oopplan Binnebraai, TV Kamer, Kaggel en Dover stoof.Baie-baie ruim Oopplan Kombuis met ingeboude stoof/oond en Kookoppervlak. Daar is ondermeer voorsienning gemaak vir 'n aansit Ontbyt Toonbank.Die oopplan Kombuis skep ruimte vir sit- en -eetkamer gedeeltes .. ongelooflik groot en ruim. Daar is talle ingeboude kaste en geen rede dat voorraad hoef rond te staan nie.Voorts is daar 'n "Laundry" met al die nodige fasiliteite.'n Dubbelmotorhuis met 'n afstandbeheerde stelsel. Daar is voorts 'n Interkom stelsel van die ingangshek na die huis.Terra Cotta teëls rond die vloere pragtig af. Daar is ook 'n verkoelingstelsel in plek.Benewens die huis, huisves die 807vk meter grootte erf ook 'n addisionele woonstel wat behoorlik toegerus is met kaste en verkoelingstelselFOTO'S KAN INDERWAARHEID NIE REG LAAT GESKIED AAN WAT REGTIG HIER BESKIKBAAR IS NIE. U MOET 'N AFSPRAAK MAAK OM SELF TE KOM KYK!'N VEILIGHEIDSOMHEIDING ROND DIE EIENDOM IN SY GEHEEL AF EN VOORSIENING IS GEMAAK VIR VEILIGHEIDS DIEFWERING.DIE ALLEENMANDAAT HOUER IS: JANNIE LATEGAN EIENDOMME EN HY VOEL TROTS OM HIERDIE GOED GELEë EIENDOM AAN U VOOR TE STEL.NB: Dit is te Huur @ R5,400-00 ....die KOOPPRYS SAL MET DIE VOORNEMENDE KOPER ONDERHANDEL WORD NA BESIGTIGING. (DIE MOONTLIKHEID IS NIE UITGESLUIT DAT U KAN HUUR MET DIE OPSIE OM TE KOOP NIE)SKAKEL VANDAG NOG JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR 'N AFSPRAAK: 082 4538305 022 9132064
Code : J15-03-11
MODERNE DUBBELVERDIEPING SIERSTEENHUIS MET 3-SLAAPKAMERS IN BO-DORP NABY DIE HOëRSKOOL TE KOOP: HIERDIE BAIE RUIM PERSEEL HUISVES OOK 'N SWEMBAD EN DUBBELMOTORHUIS.STRAKS MOET U EERS KOM KYK, MAAR HIERDIE EIENDOM IS OOR EN OOR SY R1,470,000-00 WERD. 'n Netjiese tuin rond die geheelbeeld af!SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR 'N AFSPRAAK. 022-9132064SEL: 082 4538305
Code : J13-03-11
JANNIE LATEGAN EIENDOMME TE PIKETBERG VERKRY ALLEENMANDAT OM WHEATFIELDS EIENDOMME TE BEMARK. SKAKEL JANNIE LATEGAN BY 082 4538305 OF LANDLYN:022-9132064 OF STUUR E-POS: jannierosa@lantic.net
Code : J3-02-11
PRYS NOU DRASTIES VERLAAG
KONTAK ALLEENMANDAAT AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 453 8305
![]()
UNIEKE EIENDOM IN BO-DORP VAN PIKETBERG TE KOOP ....NEFFENS DIE SKOOL:Slegs 'n straat, skei hierdie eiendom wat as dekadent beskryf kan word, van die Hoër- en Laerskool te Piketberg.Foto's kan beslis nie reg laat geskied aan hierdie besondere en karaktervolle eiendom wat op 'n straathoek geleë is nie. Ofskoon feitlik reg langs die skool, het hierdie eiendom sy privaatheid behou wat eerder gesien moet word! Hierdie woning nooi jou uit om binne te kan sien!!Die eienaars het letterlik hierdie gesogde eiendom van binne omvou en verwerk om alhoewel dit, alle moderne geriewe bied, tog nie sy karakter van weleer verloor het nie.'n Tuiste in eie reg, is geskep wat beslis aanvaarbaar sal wees vir die volgende koper. Strategies geplaasde afstandbeheerde dakwaaiers en lugversorgers, sorg dat daar 'n bries van koelte in hierdie binnehuis met sy dikmure aanwesig is! 'n Goed toegeruste drie-slaapkamer huis waarvan die Hoofslaapkamer en suite is met net die beste toerusting wat in 'n badkamer tuis hoort. Dieselfde kan gesê word van die gaste badkamer! 'n Ruim studeerkamer met talle, maar talle luuks ingeboude kaste (soos alle ander kaste in die huis) skep 'n werksarea waar die rekenaar fundi hom kan uitleef! DIEFWERING: Alle deure na buite is met egte "Trellie Doors" toegerus en alle vensters ...of hulle nou kan oopmaak, al dan nie, het baie sterk soliede diefwering.Die mooiste sandsteen teëls, rond die vloere regdeur af en word ook teen die mure op toepaslike plekke aangewend! Die hitte word buite gehou deur stewige alluminium blindings in donker kersiehout kleur. Die eiendom beskik oor drie waterverwarmers ("geizers"). Vir die Winter is daar in menige vertrek voorsiening gemaak met paneelverwarmers.Aanliggend aan die dubbel motorhuis, is 'n regte pikante "Bachelors" woonstel of gaste kwartier ...volledig toegerus.Die een motorhuis deur word elektronies oop- en toe gemaak!Die kombuis is enige huisvrou se droom met sy oopplan leef/TV area! 'n Ruim gasstoof maak deel uit van hierdie eiendom en voorsiening is gemaak vir 'n groente wasbakkie! Die kombuis se werksoppervlaktes en ingeboude kaste, vorm wat ontwerp en tekstuur betref, 'n volmaakte eenheid met die kaste in die res van die huis.Voorsiening is gemaak vir die opvang van dakwater in twee plastiek water tenks.'n Elektries beheerde besproeiingstelsel met 8 stasies, sorg dat die tuin voldoende water kry! Melding moet gemaak word van die ruim onderdak agterstoep wat soveel styl en elegansie bied, dat daar rustig 'n laatmiddag glasie wyn met gaste geniet kan word en hierdie stoep sluit aan by 'n onderdak braai area! Daar is byna nagelaat om te sê, dat daar ook 'n aparte waskamer ("laundry") is!Dit is eenvoudig 'n plesier en voorreg om hierdie manjefieke eietydse eiendom gelys te kon kry. Dit is die naaste wat enige huis nog in Piketberg aan die skool kon kom!PRYS: Straks moet u net eers kom kyk, maar u sal saamstem dat R1,550,000-00 glad nie sleg klink nie!MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK MET JANNIE LATEGAN EIENDOMME OM HIERDIE JUWEEL TE KAN BESIGTIG! ('N VOORAF AFSPRAAK IS NODIG)Sel: 082 4538305 Landlyn: 022 9132064E-pos: jannierosa@lantic.netNOTA: JANNIE IS 24/7 BESKIKBAAR!!
Code : J24-02-11
![]()
BESONDERE KARAKTERVOLLE HUIS TE AURORA TE KOOPKom en word deel van die rustigheid, kalmte en vreedsaamheid van diè besondere landelike dorpe Aurora ..so 47 km vanaf Piketberg en baie naby Velddrift teen die see! Hier ervaar jy nog eg medemenslike vriendelikheid en omgee vir mekaar.'n Besondere huis hoog aan die voet van die berg geleë.Daar is 3 slaapkamers en 'n pragtige opgegradeerde badkamer met 'n moderne hoekbad/stort/toilet & wasbak.Die huis het ook 'n solder ..tipies van die intertydse boustyl!In die ruim sitkamer is daar selfs 'n ingeboude kas wat baie ruimte vir jou boeke bied ,waarmee jy rustig jou tyd kan verwyl!In die kombuis is daar doelingerigde kassies, maar veral belangrik ...daar is 'n kole stoof om daardie vars gebakte brode te bak en kan ook as kaggel gedurende die Wintermaande dien!Daar is netjiese "oregon pine" plankvloere, behalwe vir badkamer, wat geteel is.Twee stoepe aan die Noorde en Weste kant van die huis.Daar is plek ingeruim vir die "laundry" met warm en koue water. Daar is aan die Ooste kant 'n voortuin en ook aan die Weste kant. 'n Aanliggende losstaande dubbel motorhuis voltooi die prentjie.Die erf grootte is net 'n gemaklike 991 vk meter.HIERDIE BESONDERE 1917-MODEL, IS STRAKS NET VIR U EN U BEHOEFTES PASGEMAAK !JANNIE LATEGAN EIENDOMME IS TROTS OM DIE ALLEENMANDAAT VIR HIERDIE EIENDOM TE KAN Hê EN BEMARK DIT VIR 'N HEEL BILLIKE R650,000-00 EN DAN IS HIERDIE PRYS BOONOP NOG ONDERHANDELBAAR OOK.SKAKEL GERUS JANNIE LATEGAN OM 'N AFSPRAAK TE MAAK: 082 453 8305 lANDLYN: 022-9132064 (24/7) OFE-POS jannierosa@lantic.net
Code : J4-02-11
![]()
MODERNE HUIS TEEN DIE VOETHEUWELS VAN DIE PIKETBERG TE KOOP:Om voor hierdie huis stil te hou en na die rustige vloei van waterfonteine te luister, is om 'n gevoel te hê van tuiskoms by 'n oase, 'n lafenis vir 'n onrustige of moedelose siel, ten spyte van die warm somerson. 'n Koel rustigheid word verder aangehelp deur 'n ongelooflike mooi tuin wat tot in die fynste besonderhede versorg word....om nie eens te praat van die 180 grade ongestoorde uitsig na die Ooste met Porterville en sy karaktervolle berge op die agtergrond nie! Vanaf die voorstoep kan 'n mens net droom om met 'n koppie koffie die ontsluiting van die hemelruim deur die opkomende son in die oggend te begroet ! Die berge gooi vroeg middag al sy koelte oor Piketberg en dan is dit weer tyd vir 'n skemerkelk, neffens 'n heerlike braai area!Kom loer vlugtig saam met my deur die huis: 'n Gerieflike oopplan sit/eetkamer en kombuis met die pragtigste ingeboude kaste. Die kombuis word half versteek met 'n kas wat die musieksentrum en TV huisves. Daar is ruim voorsiening gemaak om sommer by 'n toonbank aan te sit vir ete en die bypassende stoeltjies, maak deel uit van die eiendom!Van uit die sitkamer kan jy van binne deur ruim vensters 'n ewe goeie uitsig oor die vlaktes geniet. 'n Pragtige Mandi-Villa plant loer nuuskierig van buite uit die tuin deur die Suidelike venster. Alles is so perfek en so eksentriek. In die kombuis is 'n vlekkelose ingeboude gasstoof met 'n bypassende vlekkelose staal muurpaneel vir daardie spatsels teen die muur!Daar is gang-af 'n studeerkamer met ruim werksopppervlaktes, dan volg twee gaste kamers wat met doelingerigde kaste uitgerus is en met vensters wat na die berg front! 'n Hoek borrelbad vir die gastekamers .... met al die nodige bypassende bykomstighede! Die Hoof Slaapkamer is 'n lus vir die oog! Die uitsig is Noord en daar is 'n en suite badkamer.Byna vergeet ek van die linnekas in die gang asook die strategies geplaasde verkoelingseenhede.....om nie eens te praat van doeltreffend geinstalleerde diefwering plus 'n alarmstelsel nie!Ek wil nie graag veel meer van hierdie "skoonheid" verklap nie .....die foto's kan vanself spreek! Nee, nog beter, 'n persoonlike besoek is nodig om hierdie juweel van nader te bekyk! Ek is van mening dat daar tougestaan sal word vir hierdie eiendom wat in sy klas en styl ongeëwenaard in Piketberg is!!Die prys word nie sommer goedsmoeds verklap nie, maar dit is 'n BAIE BILLIKE bedrag! Boonop kry die koper ook nog 'n Wendy Huis as geskenk vir die tuingereedskap!MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK BY ('n Vooraf afspraak is nodig) DIE ALLEENMANDAAT AGENT : JANNIE LATEGAN EIENDOMME BY 082 453 8305 OF LANDLYN: 022-9132064. E-pos: jannierosa@lantic.netNOTA:- JANNIE IS 24/7 BESKIKBAAR!
Code : J09-01-11
HUIS MET KLAS IN DIE BO-DORP VAN PIKETBERG TE HUUR OF TE KOOP:Volledig toegeruste klein paleis op 'n hoek erf geleë! Naby die Skool, Bank, praktyk van 'n Drs. groep en stapafstand na die winkels. Dit is 'n drie slaapkamer huis met twee volledige badkamers.(een slaapkamer is en suite) Daar is strategies geplaaste lugversorgingstelsels asook 'n ondergrondse besproeiingstelsel. Doelingerigde binnebraai en heerlike kuier area. Voorts is daar 'n groot sitkamer en 'n kombuis wat toegerus is met talle ingeboude kaste asook 'n oog-hoogte oond en plate plus uitsuigwaaier. Die eiendom is toegerus met 'n alarmstelsel asook 'n dubbelmotorhuis met afstandbeheerde deure.Moet asb. nie hierdie opsie om te Huur of Te Koop misloop. Dit is selde dat 'n woning van hierdie kwaliteit beskikbaar raak met 'n soortgelyke ligging.KOOPPRYS: R850,000-00 (ONDERHANDELBAAR)HUUR: R5,500-00 PER MAAND.SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME 24/7 SEL: 082 4538305 LANDLYN: 022-9132064E-POS: jannierosa@lantic.net
Code : J19-01-11
'N WONING TE KOOP IN GOEIE WOONBUURT TE PIKETBERG WAT DIE RUIMTE EN PRIVAATHEID BIED VAN DIE TIPIESE PLAASHUIS:Kom ons kyk van naderby wat bied hierdie huis wat nog gemeubeleer staan met die mooiste antieke meubels van weleer.Erf Grootte: Nagnoeg 1,600 vk meter.Die huis bied 4 slaapkamers waarvan een oor 'n baie ruim ingeboude kas beskik. Volledige badkamer. Die gang wat van uit die voorportaal loop, bied toegang tot die slaapkamers en 'n ruim formele sitkamer. Die voorportaal is einlik op sy eie reeds 'n volledige ruim vertrek waar 'n studeerkamer seker maklik ingerig kan word.Die baie ruim doelingerigde kombuis bied ongelooflike ruimte en daar is ingeboude kaste en bied nog selfs plek vir daardie onvervangbare antieke meubels.Uit die kombuis beweeg ons na 'n baie ruim gesins-/woonkamer/TV kamer. Dit skep 'n atmosfeer wat 'n ideale lekker familiekuierplekkie kan wees met sy aansluitende kroeg, ingeboude binnebraai en selfs 'n "Dover" houtstofie.Piketberg is 'n veilige omgewing, maar die eienaar het nogtans voorsiening gemaak vir veiligheidshekke en diefwering by die vensters.'n Ruim enkelmotorhuis is neffens die huis en het aanliggend 'n woonstel wat toegerus is met warm-en koue water, asook stortfasiliteite en 'n wasbak. 'n Prieël wat heerlike koelte skep om 'n oggend tee te geniet of 'n laatmiddag drankie te drink, is beslis 'n bonus wat hierdie perseel bied wat nie misgekyk kan word nie.Aan ontdek is daar geen einde nie, want daar is ook 'n behoorlik gedienste Wendyhuis met stort, wasbak en toilet. (Die woonstel plus hierdie Wendyhuis bied 'n ideale geleentheid om 'n ekstra mandelikse inkomste te genereer!)Die perseel is in sy geheel omheim.Piketberg met sy rypvrye klimaat laat toe dat feilik enige tropiese of subtropiese plante hier baie goed aard. Die eiendom het sy eie, lemoen, mango,nartjie, pekaneut, suurlemoen en kweper bome en 'n sprinkel besproeiingstelsels benat die hele tuin.Ek wil u uitnooi om 'n afspraak met my te maak sodat ons saam hierdie gesogde eiendom kan besigtig!Hierdie perseel het beslis nodig dat u self kom kyk, omdat foto's nie alleen reg aan hierdie eiendom kan laat geskied nie.Ek sien 'n afgetrede boer en sy vrou in hierdie eenheid of straks iemand wat uit die stadsgewoel beweeg en rus kan kom vind op Piketberg en juis in hierdie huis wat soveel bied en geleë is in 'n rustige omgewing.SKAKEL GERUS DIE ALLEENMANDAAT AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR 'N AFSPRAAK ...HY IS 24/7 BESKIKBAAR!PRYS: Dit is 'n heel skaflike onderhandelbare bedrag!!Landlyn: 022 9132064 Sel: 082 4538305 E-pos:jannierosa@lantic.net
Code : J22-10-10
TWEE H.O.P. HUISE TE KOOP TE PIKETBERGDaar is twee H.O.P. huise te Piketberg te koop teenR60,000-00 elk.Skakel dringend JANNIE LATEGAN EIENDOMME PIKETBERG:
082 -4538305
Code : J23-12-10
![]()
'N HUIS WAT U UITNOOI OM IN TE WOON MET ALLE DENKBARE GERIEWE EN RUIMTESHALF VERSTOKE IN 'N ONGELOOFLIKE VEILIGE EN GOEIE BUURT TE PIKETBERG.~Ek nooi u nou uit om saam met my deur hierdie perseel en eiendomme te beweeg! Om voor die eiendom te stop en vlugtig regs te kyk, gee die kleurvolle son seil kappies oor die vensters aan die Ooste kant, 'n gevoel van Grieks - Meditereense styl en simboliseer dit 'n gevoel van welkom en koelte in hierdie huis, te midde van die laatmiddag somerson wat nogal fel neerskyn!Praat van twee eiendomme, ja ..daar is twee volledige eiendomme op hierdie ruim 1,467 vk meter erf. Half nuuskierig wil mens eers deur die eerste eiendom beweeg, maar besluit liefs om deur die vertrek (wat 'n heerlike winter sonkamer kan wees), te beweeg na links om 'n ruim 3-slaapkamer woning, volledig toegerus te besigtig. Hierdie "Sonkamer" verbind die twee wonings prakties met mekaar en dit is maklik om te kan sien dat Wintersonlig jou hier knus sal vasvang met 'n boek in die hand.Kom ons noem hierdie gedeelte wat ons nou besigtig WONING 1. Ja, werklik, alles is daar! Ruim sitkamer, 3 slaapkamers waarvan een en suite is, volledige gaste badkamer, talle ingeboude kaste in die kamers asook in die karaktervolle en vrolike kombuis met sy helder geverfde kassies! Ons stap deur die veiligheidshek aan die agterkant en daar is so wrintiewaar nog 'n ruim was- en strykkamer kompleet met wasbakke plus warm- en koue- water krane! Daar is geen einde aan ontdek nie, want aanliggend aan die motorhuis, is daar twee stoorkamers met aparte toilet geriewe! Ons kan byna gelyktydig vir mekaar sê, 'n ideale woonstel om te verhuur, kan hier geskep word! Daar is omgesien na die versorging van die voertuie, want benewens 'n enkel toesluitbare motorhuis, is daar ook 'n groot staalkonstruksie motorafdak wat twee voertuie kan huisves! Hier is veiligheid aanvoelbaar, want daar is oral stewige diefwering in plek!Ag, nee wat ...redeneer een; ek het nou nie 'n ma of pa wat hier kan kom aftree nie, maar dit is 'n uitstekende onafhanklike verhuringseenheid wat sommer 'n lelike duik in enige paaiement sal slaan!PRYS: Nee, ons praat nie daaroor nie!! Die prys gaan ons onderhandel sodra u tydsaam dwarsdeur gestap het! Moet asb. nie wag en huiwer om 'n afspraak te maak nie ..."tyd staan nie stil nie"!Skakel: JANNIE LATEGAN EIENDOMME vir so 'n besondere besigtigings afspraak! Dit kos niks om te kyk nie!!LANDLYN: 022-9132064 SEL: 082 4538305 E-POS: jannierosa@lantic.netAan ontdek, is daar geen einde nie, nou besoek ons die tweede woning ('n Heel nuut en moderne, later geboude volledige huis-eenheid).....die boustyl, skakel egter perfek in by WONING NO.1.In ons gedagtes is ons reeds oortuig dat hierdie eenheid ideaal is vir die grootouers om hier 'n nessie te vind, voordat hulle na die aftreeoord sal moet beweeg. 'n Verstommend grootte Hoofslaapkamer met sy en suite badkamer is 'n wenner. (Neem nou van die foto's in u hand, en kyk na die Koningsgrootte bed met sy reuse kopstuk wat hier 'n tuiste gevind het!) Hierdie eenheid verras met sy ruim goed toegeruste kombuis, nog 'n slaapkamer en 'n volledige gastebadkamer!Net ter wille van statistiek, kan ons byvoeg dat elke eenheid oor sy eie voorafbetaalde kragmeter beskik, daar is strategies geplaasde lugversorging sisteme, die grootste gedeelte van die vloeroppervlakte is met stylvolle teëls bedek, matte in die slaapkamers en woning no.1 het nog plek-plek van die mooiste "oregon pine" vloere!Dit is haas onmoontlik om met hierdie een kuier deur hierdie huise met sy lang oprit, alles te kan beleef! U sal self weer moet kom dat ons fisies deur alles kan beweeg! Daar is byna vergeet om te sê dat daar vyebome, druiwe, suurlemoen en lukwart op die erf floreer. Ja, alles groei ook op Piketberg, met sy rypvrye winters!
Code : J181110
TE KOOP : PIKETBERGDOEL INGERIGDE HUIS ... SO PAS GEVERF MET NUUT INGEBOUDE KASTE !! Hierdie 3-slaapkamer huis moet beslis nie gering geskat word nie. Dit bied onder andere die volgende:Dubbelmotorhuis/ Sit- Eetkamer/kombuis met pragtige knoesdennehout plafon/ ingeboude kaste in kombuis/ baie ruim hoofslaapkamer plus twee gastekamers. 'n Ruim badkamer wat stort/toilet/wasbak en bad huisves is tot beskikking van die inwoners en is sentraal uit die gang geleë! Daar is voorts 'n waskamer plus 'n aansluitende kamer met wasbak. Diefwering is oral aangebring. Die tuinliefhebber het ruim spasie om sy passie uit te leef!Die voornemende en belangstellende koper, moet vandag nog seker maak dat hy hierdie huis besigtig!Die sak-pas prys is op aanvraag beskikbaar teen 'n heel onderhandelbare bedrag!Skakel vandag nog die agentskap Jannie Lategan Eiendomme022-9132064 of 082-4538305 of E-pos: jannierosa@lantic.netDIE KOPER SE VISUELE WAARNEMING SAL NOG MEER VERRAS WEES AS DIE PRYS BEKEND IS!
Code : J111110
'N IDEALE HUIS VIR DIE BEGINNER OF JONG GETROUDE: GOEIE LIGGING IN BO-DORP'n Netjiese en goed versorgde huis in boonste deel van dorp te koop. Oopplan sit-/eetkamer, Badkamer (Stort, Toilet & wasbak), kombuis met ing.kassies en slaapkamer. Daar is 'n lugversorger en diefwering is in plek. Voorts het die eiendom ook twee sonkappe oor die Oostelike vensters. Aanliggend wendyhuis wat die waskamer huisves. Daar is ook 'n braai area en genoegsame plek, indien die koper sou wou aanbou!MOET ASB. NIE HUIWER EN DAN HIERDIE WINSKOPIE @ R350,000-00 MISLOOP NIE.AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME SEL: 082 4538305 LANDLYN 022-9132064
Code : J051110
TE KOOPVIER BAIE GROOT ERWE BO TEEN DIE HANGE VAN DIE BO-DORP PIKETBERG TE KOOP:DIE GROOTTE VAN DIE ERWE WISSEL VAN 2017, 2018, 2123 & 2155 VK METER.DIE LIGGING IS VAN DIE HEELBOONSTES IN DIE BO-DORP @SLEGS: R200,000-00 PER ERF.Skakel vandag nog Jannie Lategan Eiendomme 082 453 8305
Code : J031010
HUIS IN GEWILDE BUURT TE KOOPBoonste vlak bevat: Oopplan/sit-eetkamer/goed toegerusde kombuis/ 3 slaapkamers/modern opgegradeerde badkamer en toilet/heelwat ingeboude kaste.balkon met uitsig na die Ooste met braai area plus "laundry)Op die onderste vlak van die huis is daar twee luuks ingerigde woonstelle met hulle eie ingang wat tans verhuur word. Daar is drie motorhuise asook reënwater opgaar tenks.Daar is 'n mooi tuin en veiligheidsheinings in plek. 'n Eiendom wat beslis gesien moet word om te kan waardeer.PRYS: 'N BILLIKE R950,000-00SKAKEL AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME082 4538305 (24/7)E-POS: jannierosa@lantic.net"You can't change the direction of the wind, but you can adjust your sails"
HIERDIE PRYS IS ONDERHANDELBAAR ....KOM MAAK 'N AANBOD EN MOENIE VERGEET DAT DAAR 'N MAANDELIKSE INKOMSTE GEGENEREER WORD UIT DIE VERHURING VAN TWEE WOONSTELLE OP DIE PERSEEEL!
Code : J120910
UNIEKE UITSOEK ERF IN BO-DORP VAN PIKETBERG TE KOOP*GROOT: 1,286 VK METERPRYS: R296,800-00 (ONDERHANDELBAAR)SKAKEL DRINGENDE JANNIE LATEGAN EIENDOMME OM HIERDIE WINSKOPIE OP TE RAAP: 082 4538305E-POS: jannierosa@lantic.net of 022-9132064
Code : J300110
ONGELOOFLIKE MOOI LEEFHUIS TE PIKETBERG TE KOOP'n Prakties ingerigde leefhuis. Oral talle ingeboude kaste baie stylvol gedoen. Die 1635 vk meter perseel huisves 'n 3-slaapkamer huis .....waarvan die Hoofslaapkamer 'n volledige en suite is met 'n lugversorger.Die twee gastekamers het elk 'n eie stort en wasbak. 'n Aparte gaste toilet is in plek.'n Baie-baie groot sit-/eetkamer met ingeboude braai, rond hierdie "intrek-gereed" huis af.Die kombuis het 'n ingeboude oond, kookoppervlak asook 'n "extractor fan". Daar is twee baie groot motorhuise met genoegsame stoorplek in aanliggende stoorkamers. Daar is ook 'n buite toilet. (Terloops hierdie motorhuise leen hom daartoe vir die inrigting van twee woonstelle)Die hele huis beskik oor uitstekende & doeltreffende diefwering. Die Sit- en hoofslaapkamer het horisontale blindings. 'n Voorafbetaalde elektriese eenheid is in plek. Die huis is omhein.KOOPPRYS: 'N HEEL BILLIKE R795,000-00SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMMME VIR BESIGTIGING:082 4538305 (24/7) KANTOOR: 022-9132064
Code : J081109
PROMINENTE ERF TE PIKETBERG IN SAKE OMGEWING TE KOOPHierdie perseel is op 'n BAIE BESIGE HOEK ERF en bied ongelooflike moontlikhede wees sy ligging t.o.v. die reisiger wat na die Noorde of Suide deur die dorp reis. Die ligging van die erf front Wes en Noord.'n Ideale moontlikheid vir 'n motorhawe of iets dergeliks wat iets aan die reisiger sowel as die inwoners kan bied!Moenie hierdie heel onderhandelbare R850,000-00 kopie misloop nie. Skakel vandag nog JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 453 8305 of 022-9132064Beskikbaar 24/7
Code : J051109
UITERS GOEDGELEË ERF IN WHEATFIELS TE KOOPDaar is tans 'n onontwikkelde erf te Wheatfields te koop @ slegs R170,000-00SKAKEL JANNIE LATEGAN EIENDOMME - 082 453 8305
Code : J180608
Code : J240409
KARAKTERVOLLE HUIS WAT SO AANGEPAS IS DAT DIT ELKE MOONTLIKE GERIEF INSLUIT:Dit is 'n ruim baie groot skakelhuis met "granny flat" op dieselfde terrein. Veiligheidshekke, visdam/dubbelmotorhuis, binne-en buitebraai, ruim kroeg area, mooi tuin met swembad as fokuspunt.Die eiendom is geleë in stil woonbuurt en bied pragtige berguitsigte na die Weste en Ooste.Voorwaar 'n eiendom wat nie beskryf kan word nie, maar veel eerder gesien moet word! Skakel Jannie Lategan Eiendomme vooraf vir afspraak!PRYS: 'n HEEL ONDERHANDELBARE BEDRAG
Code : J221009
VERSKEIE ONBEBOUDE ERWE TE PIKETBERG TE KOOP ........Pryse wissel asvolg:-R150,000-00 Baie goeie deel van dorpR175,000-00 Ligging uitstekendR350,000-00 (Reg bo aan die voet van dieBerg)Nota: Onbeboude erwe raak skaars ...moenie huiwer as u 'n uitsoek erf wil bekom nie!Skakel Jannie Lategan Eiendomme:082 4538305
Code : J201009
GERIEFLIK INGERIGDE HUIS TE KOOP MIDDE IN SAKE DEEL VAN PIKETBERG.Hierdie woning se vooraansig rig in 'n Noordelike rigting en is regoor die Taxi- en Bus terminus. Hierdie huis, ofskoon dit residensiëel gesoneer is, behoort dit net 'n formaliteit te wees om dit as 'n besigheid te soneer.'n Ideale plek vir wegneem-etes! ......Moenie huiwer om te skakel nie ...hierdie geleentheid is eenmalig!!SKAKEL DRINGEND VIR 'N AFSPRAAK OM NIE HIERDIE WINSKOOP MIS TE LOOP NIE!PRYS: R750,000-00 of naas hoogste aanbod.JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 453 8305 LANDLYN: 022-9132064
Code : J131009
HUIS TE PIKETBERG TE KOOP:-'n Dubbelverdieping huis wat wye hoek uitsigte na die Ooste en Weste vanaf die balkonne op die boonste vlak, bied. Hierdie ruim woning maak voorsiening vir die volgende:Dubbel motorhuis, Drie slaapkamers met ingeboude kaste (Hoofslaapkamer is en suite), Daar is voorts 'n gaste badkamer wat voledig toegerus is. Deurgaans het die woning talle ingeboude kaste. Kombuis wat aansluit met 'n bedieningsvlak na die sitkamer het ook ingeboude kaste en 'n waskamer loop uit die kombuis.Daar is 'n dubbelmotorhuis met oprol deure. Die vertrek op die boonste vlak het sy eie toilet en wasbak. Dit word vir 'n onthaal area aangewend, maar ewe eens kan dit as die Hoofslaapkamer diens doen.Moenie hierdie huis met sy SAKPAS PRYS misloop nie. Maak vandag nog 'n afspraak!!Die woning is op die mark vir 'n heel onderhandelbare prys van R690,000-00.Jannie Lategan Eiendomme Sel: 082 453 8305 Kantoor: 022 9132064 ....beskikbaar 7/24.
Code : J021009
DOELINGERIGDE HUIS TE KORINGBERG TE KOOP:Hierdie tipiese klein plattelandse dorpie moet u van nader leer ken. Mense van oral oor het reeds hier kom nesskop. Hierdie huis met sy netjiese voorkoms en tuin, bied 'n rusplek vir die rustelose swerwer sonder dat dit hom aan geriewe ontbreek.Hierdie eiendom nooi u om van nader te besigtig!'n Ruim kombuis huisves genoegsame kaste.Dit is 'n semi-oopplan kombuis/ sitkamer/eetkamer. (Dit is egter baie-baie ruim en aan leefruimte ontbreek dit beslis nie!) Daar is drie slaapkamers, waarvan een 'n en suite is. (Die Hoofslaapkamer het sy eie lugversorger) Die kamers maak ruim voorsiening vir bergplek met sy ruim ingeboude kaste. 'n Aparte volledige badkamer bedien die twee gastekamers. Daar is ook 'n waskamer en bediende kwartier wat aansluit by 'n enkel motorhuis. 'n Reuse veilige sonstoep aan die Oostekant, is beslis 'n plus-punt! Die huis se vooraansig front Wes.Erfgrootte: 1835 vk meter.Moenie hierdie kopie van 'n leeftyf misloop nie ....veral as u wil kom rus vind op 'n heerlike plattelandse dorpie met vriendelike en hartlike inwoners!!Skakel dringend: Jannie Lategan Eiendomme om 'n vooraf afspraak te reëlTel: 022-9132064 (Kantoor) Sel: 082 453 8305 Beskikbaar 7/24Prys: 'n Onderhandelbare bedrag wat na besigtiging bespreek kan word!
Code : J010809
'n Imposante huis met 'n Panoramiese uitsig, genestel aan die hange van die Piketberg.Hierdie huis is voorwaar 'n kombinasie van ligging, uitsig en moderne geriewe. 'n Ongelooflike en volmaakte portret begroet jou na die Olifantsrivierberge in die Ooste as jy oor 'n glasie wyn op die voorstoep mymer. 'n Plek waar jy tot rus kan kom en jou hartlik uitnooi om in te kom woon.Die kombuis is 'n droom vir die baaskok met sy talle ingeboude kaste, stoof, oond en groentewasbak. Die kombuis huisves ook 'n binnebraai wat vleiend uitkyk op die Eet-/Sitkamer. Plafon geinstalleerde lugreëlaars beheer die temperatuur in die kombuis en leefarea. Knoes- dennehout plafonne is oral in plek. Ruim plek is ingeruim vir 'n gerieflike opwasgedeelte met ook was- en strykfasiliteite.'n Baie groot leefarea of speelplek vir kinders, plus 'n kaggel, voldoen ruimskoots aan sodanige behoefte. Voorts is daar 'n studeerkamer wat uit die gang loop op pad na die slaapkamergedeelte. Die slaapgedeeltes is met 'n veiligheidshek afgeskort.'n Ruim en suite Hoofslaapkamer met sy talle instapkaste, bied 'n onbelemmerde uitsig na die Ooste sowel as na die Noorde.Daar is 'n volledige gaste badkamer. Drie gastekamers waarvan een en suite is met 'n buitedeur wat op 'n sprankelende blou swembad uitmond. Voorsiening is gemaak vir die dagbesoeker met 'n toilet en handewasbak.'n Gerieflike groot onderdak-braai by die swembad vervolmaak hierdie kuier area.Ondervloerse verhitting het ook nie agterweë gebly nie en is 'n belangrike komponent van hierdie imposante woning. Veiligheid, is die wagwoord en voorsiening is gemaak met die aanbring van stewige diefwering wat die bewoner se veiligheid verseker.'n Netjies afgeronde tuin met 'n sprinkelbesproeiingstelsel, komplimenteer die eiendom wat baie privaat geleë is. Selfs 'n kelder vir die wyn is nie vergeet nie. Hierdie indrukwekkende eiendom, is enig in sy soort en het haas ongeëwenaarde weelde .....maar tog is dit 'n huis waar sy bewoner kan tuiskom en een word met die natuur!Hoe bepaal 'n mens die prys van so 'n eiendom? Die eienaar maak dit maklik en stel dit beskikbaar teen slegs R1,566,000-00.MAAK VANDAG NOG 'N AFSPRAAK MET DIE ALLEENMANDAAT AGENT, JANNIE LATEGAN EIENDOMME OM NIE HIERDIE winskopie TE LAAT WEGKOM NIE!!SKAKEL: JANNIE LATEGAN BY 082 453 8305 OF 022 9132064
Code : J160609
Please download the .pdf Brochure Here
'N GASTEHUIS OM VAN TE DROOM TE PIKETBRG TE KOOP:Hierdie ongelooflike eiendom wat ook 'n groot veiligheidsparkeer area insluit plus reuse groot store aan die agterkant kan u s'n vandag nog wees!Moenie hierdie winskopie misloop nie! Die syfers en bedbesetting spreek vanself! Slegs kwaliteit vakmanskap was hier ter sprake en alles is net van die beste en daarom spreek die state boekdele! Daar is twee onthaal lokale, een vir 30 gaste en 'n ander een vir 60 gaste.U KAN VANDAG INSTAP EN 'N LOPENDE BESIGHEID VOORTSIT EN BEDRYF! (Alle meubelment, linne, breekware ens is ingesluit.) Die plek beskik oor 'n dranklisensie. Voorwaar 'n ongeëwenaarde gesonde besigheid!'N PRYS WAT ALLES INSLUIT: R3,640,000-00SKAKELVANDAG NOG DIE ALLEENMANDAAT AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME- 082 453 8305 OM 'N BESIGTIGINGS AFSPRAAK TE REËL. (Jannie is 24/24 uur beskikbaar!)
Code : J290509
'N BAIE RUIM, REGTE EGTE LEEF- DROOMHUIS TE KOOP:Met die instapslag by hierdie geen onderhoud siersteenhuis met sy Harveyteëldak, voel jy dadelik gemaklik, want die aanvoeling is dat binne hierdie huis ruimtes is en daar baie plek is om te leef en kan elke inwoner, feitlik sy eie individualiteit uitleef! Hierdie ongelooflike gerieflike huis bied, benewens 'n pragtige uitsig na die Ooste ook en baie mooi berguitsig na die Weste, ook die volgende:-Erfgrootte plus-minus: 1500 vk meter. Oopplan sitkamer/kombuis/eetkamer plus twee lugreëlaars. Hierdie woonarea huisves ook 'n kaggel, ingeboude stoof en half verstoke waskamer gedeelte. Daar is talle ingeboude kaste in die kombuis. Voorts is daar 3 slaapkamers met baie ingeboude kaste waarvan twee met lugversorgers toegerus is. 'n Vierde slaapkamer het nie ingeboude kaste nie. Daar is twee dakwaaiers. Volledige gaste badkamer plus 'n private badkamer vanuit die Hoofslaapkamer. Dan is daar hierdie ongelooflike onderdak braai area (56 vk meter) met die mooiste uitsig na die Olifantsrivierberge aan die Ooste.Die oppervlakte van die huis is nagenoeg 211 vk meter. Daar is 'n baie ruim dubbelmotorhuis (56 vk meter) met 'n elektriese afstand beheerde oopmaakstelsel. Groot metaal werksbank is binne in die motorhuis gemonteer.Die hele huis is met diefwering toegerus. Daar is voorts goedgekeurde planne vir verdere uitbreiding wat in die Koopooreenkoms opgeneem sal word.Woning beskikbaar vanaf 1 Julie 2009.daar is baie netjies en prakties afgeskorte speelareas waar kinders in veiligheid kan speel.Voordat u na die Prysklas vra, MOET hierdie eiendom eers besigtig word.SKAKEL VANDAG NOG JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR 'N AFSPRAAK:LANDLYN: 022-9132064 OF SEL: 082 453 8305
Code : J110609
BAIE LUUKSE HUIS TE EENDEKUIL TE HUUR:R5,000-00 PER MAANDSkakel Jannie Lategan Eiendomme: 082 453 8305Nota: Foto's op aanvraag beskikbaar
Code : J290509-2
Code : J091209
600 VK METER ONDER DAK SAKE PERSEEL IN MIDDEDORP VAN PIKETBERG:'n Hardeware sakeonderneming was hier bedryf en alle fasiliteite is in plek om dit as sodanige bedryf voort te sit, maar tallose ander moontlikhede is nie uitgesluit nie: Dis haas een van die bes moontlik geleë sakepersele te Piketberg, ligging aan die Hoofweg! Ideaal geleë vir wegneem of kits etes! Daar is letterlik 'n legio van moontlikhede vir die koper wat kan visualiseer!Skakel dringend vir besigtiging:JANNIE LATEGAN EIENDOMME - 082 453 8305PRYS: SO NA AS MOONTLIK AAN R1,000,000-00 (Kom maak gerus 'n aanbod)
Code : J130309
Click Here for Pictures in PDF Format
'N SAKE- EN RESIDENTIËEL GESONEERDE GEBOU TE PIKETBERG TE KOOP:'n Besondere en goedbewaarde skat uit die ere van die Art Deco styl is te koop in die bo-dorp van Piketberg.Was tot onlangs funksioneel gebruik as Koffiewinkel/restourant. Die voorportaal wat ook 'n vertoonportaal is, word gebruik vir kunsuitstallings (Ateljee). Aan die agterkant is 'n heerlike ruim leefarea. Die gebou bied talle ongelooflike moontlikhede vir die inoverende sakeman. Benewens die feit dat gebou te koop is, is dit egter ook beskikbaar as 'n verhuringsopsie. Die verskeie lokale kan heel waarskynlik aan verskillende huurders verhuur word.Oppervlakte van gebou: 500m2.KOOPPRYS: R976,000-00 (OF NAAS HOOGSTE AANBOD)SKAKEL ALLEENMANDAAT AGENT JANNIE LATEGAN EIENDOMME VIR BESIGTIGING:Landlyn: 022-9132064 Sel: 082 4538305
Code : J070509
KARAKTERVOLLE GOED INGERIGDE HUIS TE KOOP IN BO-DORP - SY VOORAANSIG HET 'N SWEEMPIE WEG VAN 'N " ART DECOR STYL":Eiendom van hierdie kwaliteit en prysklas, kom selde op die mark! Dit is 'n vier slaapkamerhuis waarvan een kamer en suite is. Daar is ook 'n volledige gastebadkamer. Talle ingeboude kaste.Lugreëlaar. 1/2 van die huis is met 'n heerlike kuierstoep omring.Daar is 3 motorhuise.Beslis 'n plek wat hom daartoe leen om selfs in drie wooneenhede omskep te kan word!Skakel vandag nog, as u belangstel!JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 453 8305 022 9132064
Code : J050309
HUIS TE KOOP IN GESOGDE DEEL, NABY HOëRSKOOL STEYNVILLE:2 Slaapkamer woning/ kombuis/badkamer/ aparte toilet/sit-eetkamer.'N BAIE BILLIKE R500,000-00 OF HOOGSTE AANBOD.SKAKEL ALLEENMANDAAT AGENT: JANNIE LATEGAN EIENDOMME 082 453 8305
Code : J260309
'N KARAKTERVOLLE HUIS - ENIG IN SY SOORT TE KOOP:Dit is trotse en netjiese eienaars wat van hierdie besondere eiendom gaan afskeid neem. Hier is elke vierkante sentimeter perfek benut en 'n landskapstuin, omring hierdie indrukwekkende huis. Kom stap gerus saam met my deur hierdie woning: Die ingangsportaal laat jou welkom voel en jy beweeg na 'n ruim sitkamer .... (ter loops die hele huis, behalwe die badkamer het "Japanese Beach" hout vloere) Die semi-oopplan gee vrye deurgang na die eetkamer wat deur 'n skeidingsmuur half versteek is. Die kombuis is doel ingerig met talle kassies en daar is ook 'n lugversorger.Die gang van uit die kombuis en sitkamergedeelte neem jou na drie slaapkamers, waarvan 2 toegerus is met voldoende ingeboude kaste. 'n Ruim badkamer, loop uit die gang na 'n apar